SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Ekonomie
Rand se vreugde van korte duur
Dié rand verhandel teen R14,15 teenoor die dollar.

Die rand het skaars ’n dag teen minder as R14 teenoor die dollar verhandel.

Die geldeenheid, wat in ’n stadium dié week tot R13,88 teenoor die Amerikaanse geldeenheid versterk het, verhandel vroeg Vrydagoggend op R14,15 teenoor die dollar.

Reuters berig die dollar het weer kop opgetel nadat die Federale Reserweraad (Fed) Donderdagaand aangekondig het hy gaan nie rentekoerse in die VSA verander nie.

Hoewel die Fed se besluit nie onverwags is nie, blyk dit ontleders wou wel kyk of hy steeds by sy besluit bly om koerse geleidelik te verhoog.

Die verwagting is dat hy vanjaar die rentekoers nog een keer gaan verhoog.

Die dollar het vroeër die week teruggesak ná die uitslag van die middeltermynverkiesing in die VSA.

Die twee huise van die kongres is nou verdeeld met die Demokrate in beheer van die huis van verteenwoordigers en die Republikeine van die senaat.

Dié verwikkeling gaan waarskynlik veroorsaak dat pres. Donald Trump nou nie meer so maklik besluite kan goedkeur soos om byvoorbeeld belasting te verlaag nie.

Die rand het vroegoggend teen R18,47 teenoor die pond en R16,05 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake so:

  • Goud: $1 218 per fynons
  • Platinum: $855 per fynons
  • Olie: $70,78 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $6 425,43
  • Ethereum: $213,00
Meer oor:  Federale Reserweraad  |  Vsa  |  Rentekoers  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.