Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand skrik minder vir Brexit
Die rand het Maandag in vroegoggendverhandeling weer Brexit-slae gevat Foto: Bloomberg

Die rand het Maandag in vroegoggendverhandeling weer Brexit-slae gevat maar staan sy man teen die aanslag.

In wat as ’n senuagtige week op finansiële markte beskou word weens die onsekerheid wat deur Brittanje se uittrede uit die Europese Unie veroorsaak is, het die rand teen 08:30 met 4,25% teen die dollar teruggesak om rondom die vlak van R15,19 te verhandel.

Maar die feit dat die rand op dieselfde tydstip met 4% tot R20,35 teen die Britse pond versterk het, toon dat die plaaslike geldeenheid nie inherente swakheid het nie.

Soos alle ander ontluikende lande se geldeenhede, kry die rand swaar wanneer beleggers onseker raak en onttrek uit markte wat as meer riskant beskou word.

Teen 10:30 het die rand op R20,26 teenoor die pond verhandel en effens versterk tot R15,13 teen die dollar.

Die JSE het ook Maandag swakker geopen en teen 09:30 het die indeks van alle aandele met 0,89% teruggesak tot 51,219 indekspunte terwyl die top-40 sowat 0,98% prysgegee het.

Dit was veral finansiële aandele wat deurgeloop het en met 1,82% verswak het.

Die een ligpunt is die goudindeks wat met 2,30% verstewig het nadat die goudprys met 0,74% tot $1 324,84 per fynons opgeskuif het.

Aan die internasionale front het die Britse pond met ’n verdere 2,4% teenoor die dollar verswak tot ’n vlak van £1,3351/$.

Dit volg nadat die geldeenheid reeds Vrydag tot sy laagste vlak in 30 jaar teen die dollar teruggesak het.

Die swakker pond beteken dat die Belgiese bierbrouer Anheuser-Busch InBev (AB InBev) se aanbod van £44 per aandeel vir Suid-Afrika se bierreus SABMiller nou minder aptytlik lyk, berig Business Day.

Sedert 11 November toe die aanbod gedoen is, het die pond se waarde met 12% teenoor die dollar gedaal. Dit beteken dat die aanbod nou in dollarterme $95 miljard werd is teenoor November se $108,6 miljard.

Meer oor:  Rand  |  Jse  |  Goudprys  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.