Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand spartel steeds teenoor sterk dollar
’n Dollar sou jou vroeg Maandagoggend R13,61 kos.

Die rand kry dit maar net nie reg om weer vastrapplek teenoor die dollar te kry nie.

Hy het vroeg Maandagoggend teen R13,61 teenoor die dollar verhandel.

Reuters berig die Amerikaanse geldeenheid verhandel vroeg Maandagoggend steeds na aan die hoogtepunt wat hy al die afgelope ses weke teenoor verskeie geldeenhede handhaaf.

Die dollar word ondersteun deur hernude kommer oor presies wat die uitkoms gaan wees in die handelstwis tussen die VSA en China.

“Die handelsgesprek tussen die VSA en China is waarop markte dié week fokus en die sterk dollar wys hoe die mark dié geldeenheid as ’n veilige toevlugsoord vir beleggers beskou,” sê Nick Twidale, bedryfshoof van Rakuten Securites in Australië.

Afgevaardiges van dié twee lande vergader die week oor verskeie kwessies om te sien of hulle tot ’n vergelyk kan kom.

Dit sluit in hoe China intellektuele eiendomsreg van Amerikaanse produkte en dienste gaan beskerm.

Die rand het vroeg Maandagoggend teen R17,60 teenoor die Britse pond en R15,40 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 311,16 per fynons.
  • Platinum: $792 per ons.
  • Olie: $61,52 per vat.

Digitale geld

  • Bitcoin: $3 592,16
  • Ethereum: $119,13
Meer oor:  China  |  Vsa  |  Handelsoorlog  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.