Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand staan al hoe sterker
’n Dollar sou jou vroeg Dinsdagoggend R14,20 kos.

Die dollar wat olik voel en Suid-Afrika wat steeds beleggingstatus het in die oë van Moody’s Investor Service, laat die rand al hoe sterker vertoon.

Die rand het vroeg Dinsdagoggend teen R14,20 teenoor die dollar verhandel.

Dit is die beste vlak die afgelope sewe dae.

Markte het Maandag vir die eerste keer werklik kon reageer op Moody’s se besluit om Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd te laat.

Hy het dié besluit Saterdag in die vroeë oggendure bekend gemaak.

Kenners is dit eens dat hoewel Moody’s geen redes gegee het hoekom hy nie ’n besluit oor die kredietgradering geneem het nie, hy waarskynlik wag om te sien wat die invloed van die verkiesing gaan wees.

Die algemene verkiesing vind op 8 Mei plaas.

Moody’s sê hy sal nou eers op 1 November ’n besluit oor die land se kredietgradering neem.

Hy is nog die enigste van die drie groot gradeerders wat nóg nie Suid-Afrika se staatskuld tot onder beleggingsvlak afgegradeer het nie.

Net soos die geval met die dollar, het die rand ook teenoor ander groot geldeenhede verstewig.

Die rand verhandel vroegoggend teen R18,56 teenoor die Britse pond.

Dit is sy beste vlak sedert einde Februarie.

Die R15,91 waarteen die rand teenoor die euro verhandel, is ook die beste vlak sedert einde Februarie.

Dit is die eerste keer sedert begin Maart wat die rand teen minder as R16 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 285,90 per fynons.
  • Platinum: $848 per ons.
  • Olie: $69,06 per vat.

Digitale geld

  • Bitcoin: $4 555,62
  • Ethereum: $149,75

Meer oor:  Moody's Investor Service  |  Rand  |  Dollar  |  Kredietgradering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.