Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand staan sterk, wag op nuus oor rentekoers

Die groot kwessie vandeesweek vir die rand, wat steeds op sy sterkste vlak in drie maande verhandel, is die besluit oor die rentekoers wat Donderdagmiddag aangekondig word.

Siobhan Redford, ’n ekonoom van RMB, het in ’n nuusbrief gesê dit is die een aankondiging vanjaar wat groot belangstelling lok en die meeste ontleders wat aan ’n peiling van Bloomberg deelgeneem het, verwag dat die koers verlaag gaan word.

Die groot kwessie vandeesweek vir die rand, wat steeds op sy sterkste vlak in drie maande verhandel, is die besluit oor die rentekoers wat Donderdagmiddag aangekondig word.

Sy sê ’n paar faktore ondersteun die moontlikheid van ’n rentekoersverlaging soos onder meer die wesenlik swakker as verwagte groei in BBP in die eerste kwartaal vanjaar. Beskikbare inligting oor produksie in die mynwese en vervaardiging dui ook nie op ’n wesenlike herstel in die tweede kwartaal nie.

Tebogo Mekgwe van RMB het in dieselfde nuusbrief gesê nadat pres. Cyril Ramaphosa verlede week twee nuwe adjunkhoofde vir die Reserwebank aangestel het en Lesetja Kganyago vir nog ’n termyn as hoof aangestel is, is alle oë nou op die nuwe span gerig met die week se vergadering van die monetêrebeleidskomitee.

Volgens Mekgwe word ’n rentekoersverlaging van 25 basispunte reeds deur die mark ingeprys soos onder meer gesien kan word in kontrakte oor toekomstige rentekoerse.

Hy meen drie moontlikhede wat die mark se reaksie ná die aankondiging kan beïnvloed, is:

  • ’n Rentekoersverlaging van 25 basispunte en ’n duideliker aanduiding dat ’n tydperk van rentekoersverlagings kom;
  • ’n Groter verlaging as wat verwag word; en
  • As die Reserwebank die rentekoers onveranderd los.

“Enige van dié drie uitkomste kan lei tot ’n byna onmiddellike herkalibrering in die algemene markverwagtinge.”

Die rand het Maandagoggend 5c sterker as Vrydag se sluitingsprys op R13,90 verhandel, toon Iress.

Die rand ry nog op die rug van die kommentaar van Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad van Amerika, verlede week voor die kongres in Amerika. Hy verwag ’n rentekoersverlaging voor einde vandeesmaand in Amerika.

Mekgwe het gesê die rand verhandel onder R14 en het ná die kommentaar van die Fed saam met ander geldeenhede van die opkomende markte versterk.

Volgens Redford is nog ’n invloed Maandagoggend op die rand die tekens van ekonomiese stabilisering in China wat gesien kan word in inligting wat uitgereik is oor nywerheidsproduksie en kleinhandelverkope. Albei het ’n beter as verwagte jaarlikse groei getoon, volgens haar.

Meer oor:  Rentekoers  |  Ekonomie  |  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Fed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.