Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand sterker ná nuus uit die VSA

Die rand het oornag sy pas teenoor die dollar volgehou en Donderdagoggend op R14,14 teen sy Amerikaanse eweknie verhandel.

Die rand het verbeter ondanks die Federale Reserweraad (Fed) se aankondiging dat hy weer rentekoerse in Amerika gaan verhoog.

Pres. Cyril Ramaphosa lewer 'n voorlegging by die jaarvergadering van die Verenigde Nsies

Die Fed se opemarkkomitee het die federale fondskoers met 0,25 van ’n persentasiepunt verhoog, die derde styging vanjaar. Die koers is ook in Maart en Junie verhoog.

Die Fed gaan rentekoerse na verwagting weer in November óf Desember verhoog.

Die rand het onmiddellik ná die aankondiging Woensdag om 20:00 (Suid-Afrikaanse tyd) met 9c tot R14,09 per dollar versterk.

’n Stygende rentekoers in die VSA ondersteun gewoonlik eerder die dollar as die rand. Hoër rentekoerse daar beteken beleggers kan meer rente verdien in ’n mark wat kredietgradeerders ondersteun.

Bianca Botes van Peregrine Treasury Solutions bestempel die randbeweging as “eienaardig”.

Op dieselfde aand dat die Fed sy aankondiging gemaak het, het pres. Cyril Ramaphosa in ’n onderhoud met Bloomberg in New York gesê hy dink die rand is ondergewaardeer.

Hy het onderneem om sy planne tot uitvoering te bring wat betref grondhervorming, maar het belowe dit sal nie ’n chaos veroorsaak nie.

“Ons wil hê die rand moet goed gebalanseerd wees en sodoende in staat wees om die ekonomiese trajek van die land te ondersteun,” sê hy.

Ramaphosa is in New York waar hy die algemene vergadering van die Verenigde Nasies bywoon.

Nog nuus wat ontluikende geldeenhede in die algemeen sou help, is die aankondiging dat die Internasionale Monetêre Fonds ’n groter hulppakket aan Argentinië toestaan. Die pakket is $75 miljard oor drie jaar werd. Argentinië moet strenger monetêre beleid instel in ruil daarvoor.

Die rand het Donderdagoggend vroeg op R18,60 teenoor die Britse pond en op R16,61 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake só:

  • Goud: $1 198 per fynons
  • Platinum: $827 per fynons
  • Olie: $82,06 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $6 501,30
  • Ethereum: $218,47
Meer oor:  Federale Reserweraad  |  Cyril Ramaphosa  |  Grondhervorming  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.