Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand sterker voor nuus oor rentekoers

Handelsbeleid en kommer oor wêreld- ekonomiese groei was genoeg redes vir die Federale Reserweraad (Fed) om Woensdagaand wéér rentekoerse in dié land te verlaag.

Dit sal jou Donderdagoggend R14,65 kos om een dollar te koop. Foto: Elvira Wood

Dit was ongeag tekens dat die Amerikaanse ekonomie tans goed presteer.

Die Fed het sy federalefondskoers met 25 basispunte verlaag, die tweede verlaging vanjaar.

Die Fed laat dit egter blyk dat hy van nou af versigtiger gaan wees voordat hy rentekoerse sny.

Bloomberg berig dat beleggers soos David Page, hoof van navorsing by AXA Investment Managers, sê die aanpassing is minder as wat beleggers verwag het.

Zhiwei Rein van Penn Mutual Asset Management sê dit lyk asof die Fed nog net een keer vanjaar rentekoerse sal verlaag.

Die Fed se besluit het nie ’n beduiende invloed op die wisselkoers van die rand teenoor die dollar gehad nie.

Hoewel die rand vroegoggend in reaksie op die besluit tot R14,73 teruggesak het, het hy later die oggend weer tot R14,65 teenoor die dollar verstewig.

Dit is die beste vlak tot nog toe dié week.

Die Fed is nie die enigste bank wat dié week oor rentekoerse besluit nie.

Die Reserwebank maak Donderdagmiddag sy besluit oor rentekoerse in Suid-Afrika bekend.

Byna die helfte (45%) van die ekonome wat Dinsdag aan Netwerk24 se peiling deelgeneem het, verwag dat die rentekoers met 0,25 van ’n persentasiepunt verlaag gaan word. Die Reserwebank het ook in Julie die rentekoers verlaag.

Dit sal die repokoers (waarteen die Reserwebank geld aan banke leen) op 6,25% te staan bring en banke se prima rentekoers op 10%.

Meer oor:  Rentekoers  |  Rand  |  Dollar  |  Fed  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.