Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand sterkste sedert skommeling van kabinet

Die rand het Vrydag ál laer geneig nadat die geldeenheid Donderdag sy sterkste vlak in April bereik het.

Die rand het teen 15:30 op die vlak van R13,13 teenoor die dollar beweeg.

Donderdag het die rand tot R13,12 versterk, wat die sterkste vlak gedurende die dag se verhandeling in drie weke was.

John Cairns, valutastrateeg van RMB, sê die verswakking in die dollar en euro tesame met ’n hernude invloei van kapitaal, het die rand laat versterk.

“Die skerp beweging wat Donderdag en oornag gesien is, hou meestal eerder met die dollar en die euro verband as iets spesifieks met die rand.”

Ook teenoor die euro is die rand die sterkste sedert einde Maart.

Cairns sê die groot nuus vir die plaaslike mark is die “terugkeer van buitelandse kontant na die effektemark”.

Donderdag het sowat R2 miljard ingevloei.

Navigare Sekuriteite het in ’n nuusbrief Vrydagoggend gesê die rand het van die slegste prestasie onder opkomende markte se drahandel (beleggers wat wins maak uit die wisselkoersbewegings) in Maart na die beste in April geswaai.

“Die rand het in April 2,3% se opbrengs gelewer vir beleggers wat dollars geleen het om geldeenhede te koop wat ’n hoër opbrengs lewer, vergeleke met 1,5% van die Colombiaanse peso wat die tweede beste opbrengs gelewer het . . .

Volgens Navigare het die rand ook beter gevaar as die gemiddelde van die agt ontwikkelende lande in die Bloomberg Cumulative Emerging-Market Carry-indeks.

“Suid-Afrika se geldeenheid is besig om te herstel van die 10%-daling wat veroorsaak is deur pres. Jacob Zuma se kabinetskommeling verlede maand.”

Meer oor:  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Kabinetskommeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.