Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand steur hom aan niks, bitcoin skiet die hoogte in
’n Dollar sou jou Maandagoggend R14,40 kos. Foto: Elvira Wood

Dit lyk of die rand hom tans aan net mooi niks steur nie.

Die geldeenheid verhandel reeds sedert 20 Mei teen om en by R14,40 teenoor die dollar.

Nie eens die nuus Vrydagaand dat die kredietgradeerder Standard & Poor’s Global Services (S&P) die land se kredietgradering onveranderd gelaat het óf pres. Cyril Ramaphosa se inhuldiging as president Saterdag kon hom laat beweeg nie.

Internasionaal is daar wel kommer oor hoe die dollar deur die handelstryd met China beïnvloed gaan word. Dog dit kan nie tans in die waarde van die rand bespeur word nie.

Die rand verhandel vroeg Maandagoggend teen R14,40 teenoor die dollar, R18,34 teenoor die Britse pond en R16,15 teenoor die euro verhandel.

Kriptogeld het egter ’n baie beter naweek agter die blad.

Bitcoin het net soos onlangs weer skielik begin klim.

Dit verhandel Maandagoggend meer as 8% hoër teen $8 724,11.

In randterme het dit sedert Vrydag met meer as R10 000 verstewig en verhandel teen R130 358 per bitcoin.

Bloomberg berig dit is die hoogste vlak die afgelope jaar.

Mati Greenspan, ’n senior markontleder by eToro, skryf Vrydag in ’n nota met dié dat dit al makliker word om bitcoin te gebruik koop meer mense dit.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 287,06 per fynons
  • Platinum: $803 per ons
  • Olie: $68,64 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $8 724,11/R130 358
  • Ethereum: $267,54/R4 005

Meer oor:  Standard & Poor's  |  Cyril Ramaphosa  |  Bitcoin  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.