Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand steur hom nie aan Cyril se planne
’n Dollar sou jou Donderdagoggend R14,24 kos.

Die rand het hom Dinsdag glad nie aan pres. Cyril Ramaphosa gesteur nie.

Ramaphosa het vir die eerste keer ná die verkiesing beleggers by Goldman Sachs se konferensie in Parktown, Johannesburg, toegespreek.

Hy het onder meer daarop gesinspeel dat hy sy kabinet gaan herstruktureer om ekonomiese groei aan te wakker.

Hy het ook gesê beleggers moet gerus wees oor die grondkwessie en dat die hele proses volgens wet uitgevoer sal word.

Oor Eskom het Ramaphosa dit duidelik gemaak dat dié kragreus wel geherstruktureer gaan word, maar onder geen omstandighede geprivatiseer word nie.

Al die beloftes en gerusstellings het egter niks aan die heil van die rand gedoen nie. Die geldeenheid het teen Donderdagoggend steeds bykans onveranderd dié week teen R14,24 teenoor die dollar verhandel.

Daar is ook geen groot veranderinge aan die wisselkoers van die rand teenoor die Britse pond (R18,30) en die euro (R15,97) nie.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 296,60 per fynons.
  • Platinum: $846 per ons.
  • Olie: $72,10 per vat.

Digitale geld

  • Bitcoin: $8 008,81
  • Ethereum: $259,74

Meer oor:  Eskom  |  Cyril Ramaphosa  |  Kabinet  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.