Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand steur hom nie aan Fed
Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R13,29 teenoor die dollar verhandel.

Die rand het hom glad nie aan die Federale Reserweraad (Fed) se besluit gesteur om rentekoerse in Amerika te verhoog nie.

Jerome Powell, voorsitter van die Fed, het Woensdagnag (Suid-Afrikaanse tyd) aangekondig rentekoerse in Amerika word met 25 basispunte verhoog.

Die rand het egter steeds teen rondom R13,30 teenoor die dollar verhandel, net soos voor die aankondiging.

Vroeg Donderdagoggend het die rand teen R13,29 teenoor die dollar verhandel.

Daar sal gesien moet word hoe die rand gaan reageer wanneer plaaslike markte teen 09:00 begin verhandel.

Hoër rentekoerse in Amerika laat die rand tipies verswak omdat meer wêreldbeleggers hulle dalk aan ontluikende markte sal onttrek ten gunste van veiliger Amerikaanse staatseffekte, waarvan die opbrengskoers sal styg.

Die rand het vroegoggend teen R17,79 teenoor die Britse pond en R15,68 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake vroeg Donderdagoggend só:

  • Goudprys: $1 299 per fynons
  • Platinumprys: $899 per fynons
  • Olie: $76,53 per vat

Digitale geld:

  • Bitcoin: $6 494,54
  • Ethereum: $488,97
Meer oor:  Jerome Powell  |  Dollar  |  Rentekoerse  |  Rand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.