Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand steur hom nie aan Moody's, Fitch
Die rand verhandel Maandagoggend teen R15,36 teenoor die dollar. Foto: Bloomberg

Die rand het hom nie Maandag aan die kredietgradeerders gesteur nie.

Ook nie aan die dollar wat internasionaal onder druk is nie.

Die geldeenheid het vroegoggend teen R15,36 teenoor die dollar verhandel. Dit volg nadat hy Vrydagaand teen R15,41 gesluit het.

Moody’s Investors Service en Fitch Ratings het Suid-Afrika Vrydagnag vir die tweede keer in een jaar afgegradeer tot dieper onder beleggingsgraad.

Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) het aangekondig hy laat Suid-Afrika se graderings onveranderd en behou sy stabiele vooruitsig.

Bloomberg berig dat die dollar vroeg Maandagoggend veral teruggesak het teen geldeenhede soos die Nieu-Seelandse dollar.

Rodrigo Catril, ’n valutastrateeg by die National Australia Bank in Sydney, Australië, sê dit is omdat die dollar nie meer soveel aantrekkingskrag as veilige beleggingshawe het nie soos wat nuus oor ’n moontlike entstof teen die koronavirus bekend word.

Morgan Stanley beveel glo aan dat beleggers eerder dollars verkoop en hul geld in aandele en krediet belê.

Die rand het Maandagoggend ook redelik stabiel verhandel teenoor die Britse pond (R20,47) en die euro (R18,24).

Wanneer dit by hulpbronne kom, staan sake so:

  • Goudprys: $1 874,20 per fynons;
  • Platinum: $951,46 per ons; en
  • Olie: $45,22 per vat.
Meer oor:  Ekonomie  |  Rand  |  Kredietgradeerders  |  Dollar  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.