Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand swakste in 30 dae oor vrees vir virus
A vendor counts out rand banknotes while working i
Die rand het Maandag tot R14,60 teenoor die dollar gesluit, amper 20c of 1,4% swakker as Vrydag. Foto: Getty Images

Die uitkringende vrees oor die nuwe 2019-koronavirus in China wat reeds na meer as 100 sterftes gelei het, het die rand tot sy swakste vlak in ’n maand gestuur.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, sê die rand wankel weens die internasionale risikovermyding en beleggers wat steeds skrikkerig is vir spesifieke Suid-Afrikaanse kopsere.

Die rand het Maandag tot R14,60 teenoor die dollar gesluit, amper 20c of 1,4% swakker as Vrydag, toon Iress.

Die rand was laas op 11 Desember op R14,68.

Dinsdagoggend het die rand rondom die vlak van R14,58 bly verhandel.

Bishop sê die toenemende gevaar dat Suid-Afrika se kredietgradering deur Moody’s verlaag gaan word, druk swaar op die rand. Wisselvalligheid het toegeneem in die wisselkoers van die rand teen ander geldeenhede weens die groter vrese dat Suid-Afrika afgradeer gaan word.

Investec het die waarskynlikheid dat Suid-Afrika afgradeer gaan word tot 49,4% verhoog.

Versekering wat beleggers uitneem teen ’n moontlike wanbetaling op staatseffekte (in Engels credit default swap of CDS) het skerp gestyg. Dit toon volgens Bishop dat beleggers glo daar is ’n groter kans dat die land se staatseffekte afgegradeer kan word.

Ook sy glo ’n afgradering is reeds in die pryse van bates, maar die skok sal aanvanklik ’n refleks veroorsaak wat die opbrengskoerse op staatseffekte skerp gaan verhoog en die rand gaan laat verswak.

Volgens haar is een risiko vir beleggersentiment in die mark die erns en verspreiding van die nuwe koronavirus.

Sy glo ook die risiko is dat Suid-Afrika nie net vanjaar afgradeer gaan word nie, maar dat daar ook verdere afgraderings van die drie groot kredietgraderingsagentskappe kan kom.

“Dis nog betreklik onwaarskynlik op die oomblik, maar die waarskynlikheid kan toeneem wanneer die politieke wil skort om die swelling in regeringsbesteding drasties in te perk.”

Sy verwag nie ’n wesenlike versterking vir die rand voor die begrotingsrede in Februarie gelewer word nie.

Meer oor:  Ekonomie  |  Rand  |  Koronavirus  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.