Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand swakste in 5 maande teenoor pond

Die rand is teen die toue – en daar is volgens ontleders min hoop dat dinge voor Mei gaan verbeter.

Jy sou Vrydagoggend tot R19,28 vir ’n pond betaal.

Die swak rand kan volgens Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, toegeskryf word aan kommer oor die naderende graderingsbesluit van Moody’s Investors Service op 29 Maart; Brexit, waarvoor die sperdatum ook 29 Maart is; en die algemene verkiesing op 8 Mei.

’n Wêreldwye afkeer aan risiko looi die rand soos wat buitelanders Suid-Afrikaanse aandele en effekte verkoop.

Die geldeenheid het Donderdag op die swakste vlak in vyf maande teenoor die pond – R19,22 – gesluit en Vrydagoggend selfs verder geval, tot so laag as R19,28. Dít nadat die Britse parlement gestem het dat Therese May die Europese Unie om uitstel van die sperdatum mag vra.

Teenoor die dollar het die rand ook op die swakste vlak sedert 26 Desember gesluit – R14,54 – en Vrydagoggend tot selfs R14,55 geval.

Die daling teenoor die euro was minder dramaties, maar dis nietemin ook nou op die swakste vlakke sedert begin Januarie vanjaar. Van Donderdag se sluiting van R16,43 teenoor die euro het die rand Vrydagoggend net 1c veld verloor vir sy swakste vlak van die oggend, R16,44.

Vir die eerste twee weke van Maart was die rand gemiddeld R14,33 teenoor die dollar, R18,85 teenoor die pond en R16,17 teenoor die euro. Dis teenoor Januarie se gemiddelde van R13,83/$, R17,84/£ en R15,79/€ en Februarie se gemiddelde van R13,83/$, R18/£ en R15,68/€.

Buitelanders het in die eerste twee weke van Maart reeds R4,1 miljard se staatseffekte verkoop op ’n netto grondslag (dus aankope minus verkope). Dis teenoor die netto aankope van R5,2 miljard in Januarie en van ’n stewige R13,1 miljard in Februarie.

In al drie dié maande was buitelanders netto verkopers van plaaslike aandele, maar die verkope het tot dusver in Maart die hoogte ingeskiet tot R11,2 miljard, teenoor Januarie se verkope van R2,5 miljard en Februarie s’n van R5,4 miljard.

Die rand is vanjaar reeds 8% swakker en op ’n handelsgeweegde grondslag 12% swakker, volgens Bishop.

André Botha, senior verhandelaar van TreasuryOne, verwag dat die rand uitgelewer gaan bly weens Brexit-nuus en die sentiment onder buitelandse beleggers.

Met die hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 299,19 per fynons
  • Platinum: $828,75 per fynons
  • Olie: $67,12 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $3 873,63
  • Ethereum: $133,51
Meer oor:  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Pond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.