Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand verswak tot swakste vlak in amper vier jaar

Die rand het Vrydagoggend in 'n stadium tot R15,70 verswak. Dit is die swakste vlak sedert die rand einde Mei 2016 op die vlak gesluit het. 

Die groot verswakking in die rand is toegeskryf aan die paniek in die markte namate die vrese oor die internasionale ekonomiese groei weens die verspreiding van die Covid-19-virus styg. 

Terselfdertyd vrees sommige ekonome die begroting van Woensdag is nie genoeg om Moody's te oortuig om nie die land tot rommel af te gradeer nie. 

Teen middagtyd het die rand op R15,60 verhandel, 12c swakker as sy sluitingsprys Donderdagaand. 

Die rand is onder druk weens die koronavirus.

Dit volg na die rand reeds Donderdag 18c of met 1,1% teenoor die dollar teruggesak het en op R15,48 gesluit het, volgens Iress.

Die JSE het ook Donderdag ’n slegte dag gehad met die indeks van alle aandele wat met bykans 3% of 1 602 punte laer is op 53 444.

Dit is die laagste vlak in meer as ’n jaar – sedert die begin van Februarie verlede jaar.

Die indeks van top-40-aandele het ook met 2,9% of 1 467 punte teruggesak.

Banke en kleinhandelaars, wat Woensdag ’n lopie gehad het nadat die begroting belastingverligting vir individue getoon het, het Donderdag weer omgekeer.

Standard Bank het met 7% geval, Spar met 6%, en Woolworths, Nedbank, Discovery en Absa elk met meer as 5%.

rand, dollar
'n Grafiek van Iress wat die daaglikse sluitingspryse die afgelope twee jaar toon. Die rand het laas in September 2018 tydens daaglikse verhandeling op R15,60 verhandel.

Ander finansiële aandele en kleinhandelaars wat meer as 4% laer is, is Sanlam, Old Mutual, FirstRand, Foschini en Mr Price.

Dit volg nadat Amerikaanse markte Woensdagaand ook laer gesluit het. Die Dow Jones sowel as die S&P 500 was elk 3% laer.

Hulle het Donderdag ook laer geopen.

In Europa is die DAX met 3,7% en die CAC 40 met 4% laer.

Brasilië se aandelemark het 7% laer gesluit nadat die eerste Covid-19-geval daar aangemeld is.

Opbrengskoerse op die plaaslike effektemark het weer begin klim nadat dit ná die begroting gedaal het. Die tienjaar-staatseffek se opbrengskoers het van 8,6% Donderdagoggend tot 8,8% gestyg.

Meer oor:  Rand  |  Koronavirus  |  Markte  |  Dollar  |  Jse  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.