Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand swakste tot nog toe ná Moody’s SA rommel maak

Die rand het Maandag op sy swakste vlak nog gesluit na hy  32c of 1,8% vir die dag teenoor die dollar verswak het tot R17,94.

Die rand het vroegoggend selfs R18,09 teenoor die dollar bereik – sy swakste vlak nóg gedurende die dag, volgens Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec.

A monitor displays Moodys Corp. signage on the flo
Moody's se hoofkantoor in New York. Foto: Getty Images

Sy sê dié verswakking is aangedryf deur Moody’s se afgradering Vrydag om middernag van Suid-Afrika se staatskuld tot rommelstatus.

Sy vorige swakste vlak ooit waarop hy gesluit het, was verlede Maandagaand na die staat van inperking wat kom aangekondig is. Toe het die rand op R17,80 gesluit. 

LEES OOK: Inperking laat rand op swakste vlak nog sluit

Die markkoers van die tienjaar-staatseffek het vroegoggend tot 11,2% gespring in reaksie op die afgradering.

Teen laatmiddag het dit teruggesak tot 10,5% – dieselfde as voor die afgradering.

Dit is egter steeds hoër as die 10,3% wat verlede week bereik is toe die Reserwebank verdere maatreëls aangekondig het om likiditeit en kontantvloei in die geldmark te verbeter deurdat hy staatseffekte sal terugkoop.

Die staatseffekte word van banke, batebestuurders en ander beleggers teruggekoop.

“Die rand gaan waarskynlik vanjaar wisselvallig bly, wat toegeneem het ná Moody’s se afgradering.”

Die portefeuljebestuurder Vestact het in ’n nuusbrief gesê die reaksie van die rand oor die naweek was matig.

“Toe die markte Maandag in Asië geopen het, het die geldeenheid van R17,60 tot meer as R18 teenoor die dollar verswak.”

“Die rede vir die matige reaksie (oor die naweek) is omdat die mark reeds die afgradering ingeprys het.”

Dit verwys daarna dat beleggers reeds hul beleggings gewysig het na gelang van wat hulle gedink het gaan gebeur, en die markpryse dienooreenkomstig beweeg het.

Vestact sê die markkoers op Suid-Afrikaanse staatskuld het van rondom 8% in Januarie tot 12% verlede week opgeskiet.

Nog ’n rede is dat Suid-Afrika eers einde April uit die FTSE World Government Bond Index (WGBI) gaan val.

“Die implikasie is dat indeksvolgfondse eers teen einde April die staatseffekte gaan begin verkoop.”

Meer oor:  Moody's  |  Investec  |  Rand  |  Dollar  |  Geldeenheid  |  Pond  |  Euro  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.