Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand toets dalk R15 per dollar

Gaan die rand deur die vlak van R15 per dollar kan breek?

LONDON, ENGLAND - OCTOBER 5: In this photo illustr
Die rand het Woensdag op R15,14 gesluit. Foto: Getty Images

Dit lyk vir die eerste keer in meer as nege maande na ’n moontlikheid nadat die rand Donderdagoggend tot selfs R15,10 teenoor die dollar versterk het. Die swakste vlak van die oggend tot dusver is R15,17.

Die rand het Woensdag op R15,14 gesluit, op sigself die beste sluiting sedert 21 Februarie. Die rand het laas op 14 Februarie onder R15 gesluit.

André Botha, valutahandelaar van TreasuryOne, skryf die randsterkte grootliks toe aan tekens dat werkloosheid in Amerika weer aan die styg is te midde van die land se tweede vlaag koronavirus-infeksies en gepaardgaande strenger inperkings. Eise vir werkloosheidsversekering in dié land, waaroor statistieke weekliks uitgereik word, het verlede week tot 778 000 gestyg. Dit is die hoogste in vyf weke. Dis ook die eerste keer sedert Junie dat die eise twee weke agtereenvolgens styg.

Die rand bly volgens Botha die ontluikende geldeenheid wat tans die beste presteer. Hy verwag dat die rand wel binnekort die R15-kerf sal toets.

RMB wys egter daarop dat verhandeling yler is vanweë die langnaweek wat vandag met Dankseggingsdag begin. Amerikaanse markte is vandag gesluit en Vrydag net halfdag oop.

Die rand kan ook teen ander geldeenhede deurbreek op sielkundig belangrike vlakke. Donderdagoggend het dit teen die pond tussen R20,22 en R20,30 verhandel en teen die euro tussen R18,02 en R18,08.

Die olieprys het ook oornag opgeskiet. Dit het Donderdagoggend teen 11:30 12% hoër op $47,84 per vat verhandel.

Intussen het die goudprys egter met byna 4% tot R1 814,32 per fynons verswak.

Meer oor:  Ekonomie  |  Rand  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.