Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand trap water teenoor dollar en pond
'n Dollar sou jou vroeg Maandagoggend R14,98 kos.

Dit lyk of die rand maar net nie weer ’n behoorlike vastrapplek kan kry nie.

Die geldeenheid het vroeg Maandagoggend steeds net onder die R15-vlak teenoor die dollar op R14,98 verhandel.

Dit is ondanks die Amerikaanse geldeenheid wat luidens Reuters wêreldwyd effens teruggesak het.

Swakker as verwagte arbeidsyfers in die VSA laat ontleders nou voorspel dat die Federale Reserweraad (Fed) binnekort eerder rentekoerse kan verlaag as verhoog.

Dit kom nadat daar vir ’n lang ruk voorspel is dat dié bank vanjaar sal aanhou om rentekoerse te verhoog.

Die rand sukkel ook om sy man teenoor die Britse pond en die euro te staan.

Hy verhandel steeds teen meer as R19 teenoor die pond op R19,04. Die rand het reeds Donderdag deur dié vlak gebreek.

Vroeg Maandagoggend het die rand teen R16,93 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 328,00 per fynons
  • Platinum: $805 per ons
  • Olie: $63,57 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $7 646,49/R122 526
  • Ethereum: $233,38/R3 739

Meer oor:  Rand  |  Dollar  |  Pond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.