Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand trap water wyl mark op Tito wag

Die rand het Woensdagoggend net sowat 2c swakker op R15,24 van sy vorige sluitingsprys water getrap in afwagting op die nasionale begrotingsrede van Tito Mboweni, minister van finansies.

Mboweni is veronderstel om 14:00 Woensdagmiddag sy begroting voor te lees.

Passasiers Woensdag op 'n trein in Tokio. Maatskappye in Japan begin werkers vra om by die huis te werk. Shinzo Abe, eerste minister, het by 'n vergadering van die taakspan oor die virus, gesê organiseerders van groot sport- en ander byeenkomste word gevra om dit in die komende twee weke te kanselleer. Foto: AP

Die rand het reeds sedert Vrydag se sluiting van R14,99 met 25c verswak, grootliks weens die vrese oor die internasionale verspreiding van die Covid-19-koronavirus.

Van die nuus waarvoor die mark wag, is hoe Mboweni die styging in staatskuld gaan beheer en of die maatstawwe wat aangekondig word vir Moody’s gaan oortuig om nie die land na rommel af te gradeer nie. As die begroting goeie nuus het, gaan die rand waarskynlik versterk en andersom.

Bianca Botes, tesourievennoot van Peregrine Treasury Solutions, sê die senuagtigheid in die mark is voelbaar.

“Mboweni gaan ’n balanseertoertjie moet doen en die valutamark gaan beslis reageer.”

Volgens haar het die rand oornag in verhandeling oorsee op die agtervoet gebly weens die voortgesette negatiewe impak op die marksentiment.

Larry Kudlow, ekonomiese adviseur van die Withuis in Amerika, het gevra vir kalmte nadat Amerikaanse gesondheidsamptenare gewaarsku het Covid-19 gaan ontwrigting in dié land meebring. Sy beroep op beleggers het min gedoen om die markte te kalmeer.

Die wisselkoerse van opkomende markte loop die meeste onder die negatiewe sentiment deur.

Bloomberg berig die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en -voorkoming het Amerikaners gewaarsku om hulself voor te berei op ’n moontlike Covid-19-uitbreking tuis, terwyl toenemende gevalle oor die Midde-Ooste, Europa en Asië heen tot verdere vrese lei dat die epidemie ’n pandemie gaan word.

In Suid-Korea is daar nou meer as 1 000 mense besmet nadat die getal ’n week gelede nog op 51 gestaan het.

In Japan het maatskappye begin vra hul personeel moet by die huis werk met gevalle wat al meer in kantoorgeboue versprei.

* Die berig sal deur die dag bygewerk word. 

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Suid-Korea  |  Amerika  |  Japan  |  Begroting 2020  |  Dollar  |  Rand  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.