Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand val steeds soos ’n klip tot nuwe laagtepunt
Die rand het Donderdag weer soos ’n klip geval. Foto: Elvira Wood

Die rand het Donderdag tot ’n nuwe rekordlaagtepunt teenoor die Amerikaanse dollar geval.

Dit het teen kort na 15:00 vir die eerste keer deur die R18,60-vlak verswak.

Die geldeenheid het selfs nog verder verswak en het teen 15:20 teen R18,62 teenoor die dollar verhandel.

Die rand het ook teenoor die Britse pond (R23,04) en euro (R20,23) teruggesak.

Die rand het deur die loop van die oggend vir ’n oomblik deur die R23-vlak teenoor die pond gebreek, maar het vir ’n rukkie weer tot onder dié vlak herstel.

Wat hulpbronne betref verhandel olie steeds goed onder die vlak van $30 per vat. Dit het kort voor 15:00 teen $26,86 per vat verhandel.

Goud het teen $1 603,24 per fynons en platinum teen $727 per ons verhandel.

Meer oor:  Rand  |  Dollar  |  Covid19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.