Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand val terug na R13 per dollar
Die rand het Maandag op 'n stadium 1,72% swakker teen R13,04 teenoor die dollar verhandel.

Die rand het Maandag skerp verswak ná sprake dat die Reserwebank se onafhanklikheid onder oorsig moet kom en sy mandaat verander moet word.

Die geldeenheid het Maandagmiddag met meer as 1,6% verswak en weer deur die vlak van R13 teenoor die dollar gebreek nadat dit die oggend nog teen R12,81 verhandel het.

Dit kom nadat adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), Maandag gesê het die Grondwet moet gewysig word om die onafhanklikheid van die Reserwebank te verseker.

Mkhwebane het die sogenaamde CIEX-verslag na die Spesiale Ondersoekeenheid verwys om die R1,125 miljard wat Absa van 1985 tot 1995 van die Reserwebank as ’n reddingsboei ontvang het, terug te kry, het Sarel van der Walt en Seugnet van Zyl berig.

Volgens Mkhwebane moet die Grondwet aangepas word om seker te maak die Reserwebank bevorder gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei.

Die bank moet terselfdertyd seker maak die sosio-ekonomiese belange van die land se burgers word beskerm.

Peter Attard Montalto, ’n ontleder van Nomura, sê die rand het op die nuus gereageer dat Mkhwebane voorstel die Reserwebank se doelwit moet verander word, want hoewel dit waarskynlik moeilik gaan gebeur, is dit nie ’n goeie nuusopskrif nie.

“Dit is nogal ongewoon dat ’n openbare beskermer so spesifiek is oor die verandering van die Grondwet of inderdaad so radikaal is oor transformasie,” sê Montalto.

Die primêre doelwit van die Reserwebank, volgens die Grondwet, is om die waarde van die rand te beskerm “in die belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei”.

Volgens Montalto stel Mkhwebane voor dat die Grondwet verander word sodat die doelwit van die Reserwebank die “bevordering van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in Suid-Afrika word, terwyl daar verseker word die sosio-ekonomiese welvaart van die landsburgers word beskerm”.

Teen 14:42 het die rand 1,63% swakker teen R13,02 teenoor die dollar verhandel.

Meer oor:  Reserwebank  |  Wisselkoers  |  Ekonomie  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.