Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand versterk ná BBP-syfers bekend word

Die rand het Dinsdagoggend in ’n stadium met 14c teenoor die dollar versterk nadat Suid-Afrika se BBP-syfers vir die tweede kwartaal uitgereik is.

Die ekonomie het met 3,1% op ’n kwartaalgrondslag gegroei – meer as wat ekonome verwag het.

Die randwisselkoers het Maandagaand volgens Iress-data op R15,25 teenoor die dollar gesluit.

Nog voordat die BBP-syfers uitgereik is, het die rand Dinsdagoggend tot R15,21 versterk. Net nadat die syfers uitgereik is, het die rand met nog 10c tot R15,11 versterk.

Ekonome wat aan ’n peiling van Bloomberg deelgeneem het, het groei van 2,5% verwag.

Die ekonomie het in die eerste kwartaal gekrimp weens die erge beurtkrag wat in dié kwartaal toegepas is.

Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Ekonomie  |  Rand  |  Dollar  |  Bbp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.