Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand versterk tot onder R14,10 voor Moody’s-besluit

Die rand het Vrydag tot onder R14,10 versterk teenoor die dollar nadat swakker as verwagte syfers oor werkskepping in April in Amerika uitgereik is.

Die rand het Vrydag aanvanklik versigtig verhandel teenoor die dollar in afwagting van Vrydagaand se nuus oor Suid-Afrika se kredietgradering deur Moody's. Foto: Reuters

Dié teleurstellende syfers het druk op die dollar geplaas en ’n impak op wisselkoerse gehad.

Dit beteken die rand is die sterkste sedert Januarie 2020.

Net ná 16:00 was die rand 16c of 1,1% sterker op R14,07.

Dit het vroeër die dag in ’n stadium verswak tot ongeveer R14,26 van sy vorige sluiting van R14,20 af, terwyl beleggers versigtigheid aan die dag gelê het in afwagting van die inligting oor werkskepping in Amerika en die besluit oor Suid-Afrika van die graderingsagentskap Moody’s, wat vanaand ná die sluiting van die markte verwag word.

Nedbank het vroeër in ’n nuusbrief gesê verhandeling voor die inligting oor die werkskepping in Amerika sal versigtig wees, berig Reuters.

Die rand het reeds dié week ’n skielike ommekeer gemaak, volgens Nema Ramkhelawan-Bhana, hoof van RMB Global Markets.

Nadat die wisselkoers middel April kortstondig R14,14 bereik het – die sterkste in 14 maande – het die rand daarna teruggetrek tot nagenoeg R14,50 – tot hierdie week.

Die versterking word deels toegeskryf aan die volgehoue styging in hulpbronpryse en inentings wat in Europa versnel is, volgens Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec.

Die VSA-arbeidsyfers toon minder poste is in April geskep as wat verwag is. Dit het met net 266 000 gestyg teenoor ’n skerp styging van 770 000 in Maart. Volgens ’n Reuters-peiling is verwag dat werkgeleenthede met bykans ’n miljoen sou groei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.