Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand versterk tot onder R17 per dollar

Die rand het Donderdag vir die eerste keer in weke tot beter as R17 teenoor die dollar verstewig.

Die rand is op sy sterkste vlak in weke.

Die rand het teen10:40 tot R16,91 versterk. Dit het laas op 10 Junie onder R17 gesluit toe dit ’n verrassende lopie tot R16,53 gehad het.

Woensdag was die rand die ontluikende geldeenheid wat die beste gevaar en met 1,7% van R17,34 tot R17,05 versterk het.

Volgens André Botha, verhandelaar van TreasuryOne, het ’n bietjie risiko-aptyt na die markte teruggekeer danksy beter as verwagte syfers oor vervaardiging vanuit die VSA en Duitsland. Daar is ook optimisme oor ’n moontlike entstof teen die virus wat Covid-19 veroorsaak.

Die uitreiking van werkloosheidsyfers in die VSA vir Junie later vandag gaan na verwagting die grootste impak op die rand hê. Die syfers word gewoonlik op Vrydae uitgereik, maar die dag voor Onafhanklikheidsdag op 4 Julie is vanjaar tot federale vakansiedag verklaar.

Amerika se werkloosheidskoers was in April 14,7% en in Mei 13,3%. Die verwagting is dat dit tot 12,3% gaan daal soos die ekonomie stelselmatig ná Covid-19-verwante inperkings heropen is. Nagenoeg 20,5 miljoen Amerikaners het in April hul werk verloor, maar baie daarvan was tydelike afleggings.

Meer oor:  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.