Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand versterk tot selfs R16,25 ná Fed-verklaring

Die rand het oornag by R16,25 teenoor die dollar gedraai nadat die Federale Reserweraad (Fed) rentekoerse onveranderd gelaat het.

Die rand het kortstondig tot R16,25 teenoor die dollar versterk.

Dit is vlakke waarop die geldeenheid laas in Maart was en dit is goeie nuus vir motoriste en invoerders.

Die rand het egter weer vroegoggend tot R16,41 teenoor die dollar teruggesak.

Hoewel die Fed nie sy federale koers – wat op rekordlae vlakke van tussen 0% en 0,25% is – verlaag het nie, toon sy voorspellingsmodel dat die koers nie voor 2023 sal styg nie.

Dit kom kort voordat die Reserwebank Donderdag om 15:00 sy besluit oor Suid-Afrika se rentekoers aankondig. Die meeste ekonome verwag dat die koers onveranderd gelaat gaan word.

LEES OOK: Ekonome: Rentekoers ‘sal onveranderd bly’

Die Fed se verklaring word as akkommoderend bestempel, wat die versterking van die rand aangewakker het.

Die VSA se sentrale bank het hom in ’n verklaring daartoe verbind om alles moontlik te doen om die ekonomie “in dié uitdagende tyd” te ondersteun.

“Die Covid-19-pandemie veroorsaak enorme menslike en ekonomiese ontberings in die VSA en oor die wêreld heen. Ekonomiese bedrywighede en indiensneming het die afgelope paar maande toegeneem, maar is nog ver onder die vlakke van die begin van die jaar.”

Die Fed sê inflasie is nog laag, grootliks danksy ’n laer vraag en laer oliepryse. Die VSA se inflasiekoers was in Augustus 1,3%, die sesde maand agtereenvolgens wat dit onder die Fed se langtermynteiken van 2% was. Om die waarheid te sê, die Fed wil nou hê inflasie moet effens bo 2% wees sodat die langtermyngemiddeld 2% word.

Die Fed sê die “pad van die ekonomie” sal bepaal word deur die “koers van die virus”. “Die voortslepende gesondheidskrisis sal voortgaan om op kort termyn ’n demper te plaas op ekonomiese bedrywighede, indiensneming en inflasie, en veroorsaak ook beduidende risiko’s vir die ekonomiese vooruitsig op mediumtermyn.”

Die Fed sê rentekoerse sal laag bly totdat inflasie 2% en hoër haal. Die Fed hou ook vas aan effekte wat hy op die oop mark gekoop het.

Bianca Botes, uitvoerende direkteur van Peregrine Treasury Solutions, sê markte het reeds voor die Fed-aankondiging die akkommoderende ingesteldheid van die Fed ingeprys. Die rand het in Suid-Afrika op R16,29 gesluit.

As die rand weer tot onder R16,35 kan deurbreek, word die deur oopgemaak vir ’n versterking tot selfs R16,10, volgens Botes.

Meer oor:  Rentekoers  |  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Fed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.