Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand verswak 2% teen dollar

Die wisselvallige rand het Maandag in ’n stadium met 2% of 34c verswak tot R15,66 teenoor die dollar.

Aan die begin van die jaar was die rand op R17,91 teenoor die euro. Dit was Maandag op R19,02.

Bianca Botes, uitvoerende direkteur van Peregrine Treasury Solutions, sê die rand het vinnig sy vermoë om onder R15 teenoor die dollar te bly, verloor.

Die rand het die jaar afgeskop op R14,66 per dollar.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, sê die rand het verswak namate beleggers hul siening oor die land herkalibreer.

Die rand het einde verlede jaar redelik versterk en was oorwaardeer, meen sy.

Daarby het die stiller markte oor die feestyd die rand se lopie ondersteun.

Maar nou veroorsaak sekere wêreldgebeure ’n toename in risikovermyding.

Daar is steeds min likiditeit in die mark, wat ook nou die impak verhoog van buitelandse beleggers se verkope van Suid-Afrikaanse portefeuljebates.

Van die begin van die jaar af beloop die netto verkope van staatseffekte R7,1 miljard. “Buitelanders stort steeds die Suid-Afrikaanse staatseffekte wat hulle besit.”

Daarenteen is net ’n netto R600 miljoen se aandele gekoop.

Einde 2019 het buitelanders 37% van alle Suid-Afrikaanse staatseffekte besit en teen September was dit 29,2%.

In die vierde kwartaal het buitelanders ’n netto R6 miljard se staatskuld gekoop, maar het “dié hele bedrag in die eerste week van Januarie verkoop”, sê Bishop.

Volgens haar is dit omdat internasionale risikovermyding toegeneem het te midde van die tweede vlaag van koronavirusinfeksies en strenger inperkings.

“Die uitermatige terugkeer van die aptyt vir risiko in die vierde kwartaal het die plaaslike wisselkoers bevoordeel, maar nadat risikovermyding weer toegeneem het, is die fokus weer op grondliggende faktore in die ekonomie, en dit is swak.”

Teen 18:00 Maandagaand was die rand 1,6% swakker op R15,57. Die versterking in die dollar het ook tot die rand se verswakking bygedra.

Die rand het ook teenoor die euro en die Britse pond verswak.

Aan die begin van die jaar was die rand op R17,91 teenoor die euro. Dit was Maandag op R19,02.

Die rand het die jaar op R20,04 teenoor die pond geopen en was Maandag op R21,07.

“Die rand gaan vanjaar verder kwesbaar wees vir wisselvalligheid, gegewe die hoërisikostatus van sy bates wat deur buitelandse beleggingsportefeuljes gekoop word en Suid-Afrika wat geen vordering toon om die omvang van sy staatskuld te verminder nie terwyl die vooruitsigte vir wesenlike vinniger BBP-groei as matig beskou word.”

Meer oor:  Rand  |  Dollar  |  Geldeenheid  |  Euro  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.