Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand verswak 7% in Januarie tot R15

Die rand het Januarie op R15 teen die dollar gesluit na twee droewige weke vir die wisselkoers weens die toenemende vrese wat die koronavirus veroorsaak.

Iress se data toon die rand het Vrydagaand 1,6% of 23c swakker teen die dollar op R15 gesluit. 

rand

Dit het meegebring dat die rand die afgelope week 4% of 60c verswak het.

Volgens Iress se data is dit die swakste week in 16 maande sedert Oktober 2018.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, sê ook in ’n nuusbrief die rand is tipies sterker in dié tydperk, maar die risikovermyding van beleggers wêreldwyd het tot die wisselvalligheid gelei.

“Dit oorskadu sekere positiewe ontwikkelings, soos markverwagtinge oor die VSA se rentekoerse wat van stygings na dalings geswaai het. Dit is normaalweg positief vir bates in opkomende markte. Dit is egter nou onwaarskynlik, tot die verspreiding van die koronavirus beperk word.”

Bishop sê boonop is die risiko vir die rand plaaslik ook hoog ingesluit beurtkrag. “Die potensiaal vir ’n afgradering deur Moody’s het die afgelope 12 maande toegeneem, maar hang af van die begrotingsrede op 26 Februarie, met ’n voorsmakie daaroor op 13 Februarie met die staatsrede.”

Sy sê die negatiewe markreaksie op die koronavirus se impak het veroorsaak dat Brittanje se amptelike uittrede uit die Europese Unie Vrydagnag min aandag gekry het.

“As die impak van die virus erger is as wat die mark verwag, gaan dit tot ’n versterking in die dollar lei en swakker wisselkoerse in opkomende markte.

“2020 lyk of dit ’n wisselvallige jaar vir wisselkoerse gaan wees.”

Meer oor:  Investec  |  Rand  |  Koronavirus  |  Markte  |  Dollar  |  Geldeenheid  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.