Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand verswak skerp na nuus oor Gordhan en Zuma
Pravin Gordhan. Foto: Lulama Zenzile

Die rand het Maandagoggend ’n wilde omkeer gemaak en skerp verswak teenoor die dollar nadat die nuus bekend geword het dat Pravin Gordhan, minister van finansies, deur pres. Jacob Zuma opdrag gegee is om terug te keer na Suid-Afrika.

Gordhan was Maandag in Londen saam met ’n span om beleggers te oortuig dit gaan nie so sleg met Suid-Afrika nie.

Daily Maverick het net ná tienuur berig nuus is ontvang dat Gordhan in kennis gestel is om terug te keer na die land.

Dit handel glo oor ’n kabinetskommeling, is bespiegel.

Nadat die nuus die mark bereik het, het die rand met 30c teenoor die dollar verswak.

So is getwiet oor die rand se skielike en skerp omkeer van amper 20c.

Die rand was net voor dit Maandagoggend nog 10c sterker teenoor die dollar van sy sluitingsprys van Vrydag op R12,31.

Die vlak van vroeër die oggend is laas in Junie 2015 gesien.

Die rand het na die nuus oor Gordhan tot R12,61 verswak.

Die rand staan nou op R12,60.

John Cairns, valutastrateeg van RMB, het vroegoggend gesê die rand se versterking snel voort, maar die pas is besig om te verlangsaam.

Hy sê die prestasie van die rand hou meer met die swakker dollar verband.

Die dollar het erg verswak nadat pres. Donald Trump nie daarin kon slaag om sy nuwe wetsontwerp vir gesondheidshervorming aanvaar te kry nie.

Die dollar het Maandagoggend tot sy swakste vlak in vier maande teenoor ’n mandjie van geldeenhede verswak, het Reuters berig.

Die hervorming van die gesondheidswetgewing wat bekend staan as Obambacare was een van Trump se groot verkiesingsbeloftes.

Dit het twyfel laat ontstaan onder beleggers of hy belastinghervorming en ’n verhoging in besteding sal kan meebring.

Die dollar het met 0,5% verswak teenoor die mandjie van geldeenhede.

Die indeks wat gebruik word om te bepaal hoe sterk die dollar is, is nou so laag as wat dit was drie dae nadat Trump in November verkies is.

Stephen Gallo, valutastrateeg van BMO Capital Markets, sê die sogenaamde “Trump-premie” begin veld verloor in die markte. Dit is ’n verwysing na die verwagte voordele wat ingeprys is in aandele en ander bates wat beleggers geglo het Trump vir die beleggingsmark sou bring.

Meer oor:  Rand  |  Zuma  |  Pravin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.