Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand verswak skerp ná Tito praat
Die rand is onder druk.

Die rand het Woensdagmiddag ná Tito Mboweni, minister van finansies, se lewering van sy mediumtermynbegrotingsraamwerk met 30c of 2% teenoor die dollar verswak.

Die rand het van vroeg af watergetrap teen die dollar en rondom R14,60 verhandel. Nadat Mboweni net na 14:00 met sy toespraak begin het, het die rand van R14,61 omgeswaai en binne sowat veertig minute met 2% tot R14,92 verswak.

Dit is die swakste in twee weke.

Die rede vir die verswakking is omdat die begrotingstekort groter as verwag is, asook die vlak van staatskuld in verhouding tot die BBP. 

Nedbank het in ’n verklaring gesê: “Dit is moeilik om te sien hoe die graderingsagentskappe ’n optimistiese siening oor die land gaan hê indien daar nie wesenlike veranderinge kom nie.”

“Die regering se finansies is duidelik op ’n onvolhoubare pad, en die enigste opsie is baie beter beheer oor besteding en baie beter ekonomiese groei.”

Meer oor:  Staatskuld  |  Staatsbegroting  |  Minister Van Finansies  |  Mtbr2019  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.