Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand nou swakste in 9 maande - en hou aan gly

Die rand het Vrydagoggend tot selfs R15,17 teenoor die dollar verswak, met nog verswakking wat verwag word.

Dit is die swakste vlak in nege maande, sedert op 5 September bekend gemaak is Suid-Afrika was in 2018 vir twee kwartale lank in ’n resessie. Toe het die geldeenheid intradag selfs by R15,70 teenoor die dollar gedraai.

Die geldeenheid is vroeër die week sy eerste gevoelige slag toegedien toe bekend gemaak is die ekonomie krimp in.

Die situasie is egter vererger deur ’n ANC-faksiegeveg oor die mandaat van die Reserwebank, een van die laaste bastions van koelkop-beleid in die land.

Pres. Cyril Ramaphosa se verklaring Donderdagaand waarin hy sê daar is geen plan om aan die Reserwebank te torring nie, het nog niks gedoen om beleggers te kalmeer nie.

rand
Die rand is deur die R15-merk teen die dollar.

Op ekonomiese front was daar Donderdag nóg slegte nuus, naamlik dat die tekort op die lopende rekening in die eerste kwartaal met ’n hele R32 miljard tot R142,5 miljard gegroei het. Die lopende rekening is ’n maatstaf van hoe geld en bates die land in- en uitvloei. So ’n groot tekort wys dat veel meer geld vloei landuit as voorheen, en dit is op lang termyn sleg vir die geldeenheid se waarde.

Daarby is negatiewe sentiment vandeesweek vir die rand geskep deur ’n nuwe vlaag senior bedankings by sukkelende staatsondernemings.

Teen die Britse pond het die rand reeds die swak vlak van R19,27 getref vergeleke met Donderdag se R19,03, en teen die euro R17,08 teen Donderdag se R16,90. 

  • In die buiteland was die Amerikaanse aandeelmarkte oornag positief, met die Dow Jones nywerheidsindeks op die New Yorkse beurs asook die S&P500 en die Nasdaq-indekse wat sterker is.
  • Asiatiese markte was ook vroeg Vrydagoggend sterker in afwagting van ’n belangrike arbeidsverslag in Amerika wat later die dag bekend gemaak sal word. Die Chinese beurse was vir ’n vakansiedag gesluit.
  • Die internasionale markte hou ook asem op oor die verwagte hervatting van die handelsonderhandelings tussen Amerika en Mexiko Vrydag, het Bloomberg berig.

Die Brent ruolieprys in Londen is 1,4% hoër op $62,55 per vat, maar die goudprys is effe laer op $1,332 per ons.

Meer oor:  Rand  |  Markte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.