Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand verswak wyl JSE klim tot hoogste in 2 jaar

Die rand het Dinsdag deur die loop van die dag skielik skerp verswak tot meer as R15 per dollar.

Die rand het Maandag op R14,72 gesluit en Dinsdagaand om 19:30 op R14,98 verhandel – 26c of 1,7% swakker vir die dag, toon Bloomberg.

Dit het deur die dag in ’n stadium tot R15,06 verswak, ’n vlak waarop die geldeenheid middel Desember laas was.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, sê die rand bly wisselvallig en word deur die verwikkelinge rakende Covid-19 en die internasionale markte vasgevang.

rand 2020

Sy sê aanvanklik het die rand goed versterk van begin 2021 af en is dié tendens nie noodwendig op ’n einde nie omdat beleggers in internasionale markte weer bereid is om risiko te neem met die inenting teen die koronavirus wat in talle lande begin het.

“Die rand gaan egter kwesbaar bly vir wisselvalligheid en 2021 gaan nie glad verloop vir die wisselkoers nie, omdat daar ongelyke herstel onder lande gaan wees, en binne lande self ook weens die inperkings voordat kudde-immuniteit bereik word.”

Bianca Botes, uitvoerende direkteur van Peregrine Treasury Solutions, sê die rand het Dinsdag in ’n stadium met meer as 2% verswak nadat die dollar versterk het.

Sy sê terselfdertyd het kommer in die plaaslike mark en spekulasie oor verdere inperkings wat die ekonomie onder verdere druk kan plaas, ook ’n impak gehad.

Die JSE se indeks van alle aandele het vir die tweede dag van die nuwe jaar van verhandeling hoër gesluit op 60 921 punte. Volgens Reuters is dit die hoogste vlak in twee jaar. 

Dit is weer meegebring deur goudmynaandele wat skerp gestyg het. Die goudmynindeks het met 2,9% gestyg terwyl die goudprys nog hoër gebeur het tot $1948 per fynons.

Die platinumprys het met 3,7% en die palladiumprys met 5% gestyg.

Meer oor:  Investec  |  Jse  |  Peregrine  |  Wisselkoers  |  Geldeenheid  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.