Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand voel steeds olik
’n Dollar sou jou vroeg Vrydagoggend R14,04 kos.

Die rand het vroeg Vrydagoggend steeds olik gevoel.

Hy het vroegoggend teen R14,04 teenoor die dollar verhandel.

Dit volg nadat die Reserwebank Donderdag aangekondig het die tekort op die lopende rekening het nou tot 3,5% van die bruto binnelandse produk in die derde kwartaal van 2018 gestyg. Dit was 3,4% in die tweede kwartaal.

Reuters berig die rand het onmiddellik ná die aankondiging teenoor die dollar begin veld verloor.

Die rand het dié week reeds 50c in waarde verloor teenoor die hoogtepunt van R13,54 wat hy Dinsdag bereik het.

Waar die rand ’n rowwe week agter die blad het, het goud weer ’n goeie lopie ervaar. Goud het aan die begin van die week teen $1 222 begin verhandel, maar dit verhandel nou vroeg Vrydagoggend teen $ 1239 per fynons.

Reuters berig beleggers wat wêreldwyd al hoe meer van aandele ontslae raak en eerder weer in goud belê, is die rede hoekom die goudprys gestyg het.

Vroeg Vrydagoggend het die rand teen R17,93 teenoor die Britse pond en R15,97 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 239 per fynons
  • Platinum: $787 per ons
  • Olie: $59,72 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $3 326,49
  • Ethereum: $83,75
Meer oor:  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.