Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand wankel, al is dollar swakker

Die rand het Woensdag wankelmoedig begin nadat Dinsdag slegte nuus op verskeie fronte gebring het.

’n Dollar kos jou in die omgewing van R14,70.

Dit kom op ’n dag dat die dollar teenoor die meeste ander ontluikende lande se geldeenhede verswak het.

Die rand het Dinsdag met tot 20c teenoor die groot geldeenhede verswak nadat die bruto binnelandse produk (BBP) vir die eerste kwartaal uitgereik is. Dit het getoon die ekonomie het met -3,2% gegroei – ’n inkrimping wat dubbeld so groot was as wat vooraf voorspel is.

Die rand het nóg nagenoeg 10c verloor toe Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, namiddag op ’n mediakonferensie ’n verklaring voorgelees het wat lui dat die ANC die mandaat van die Reserwebank wil verander “sodat die bank betrokke kan raak by groei en werkskepping”.

Hy het ook verwys na kwantitatiewe verruiming – dus die aankoop van staats- en ander effekte deur die Reserwebank in ’n poging om die geldvoorraad te verhoog. Die VSA en Europese Sentrale Bank het kwantitatiewe verruiming ná die finansiële krisis van 2007-’08 en daaropvolgende wêreldwye resessie ingespan om ekonomiese groei te probeer stimuleer.

Enoch Godongwana, hoof van die ANC se komitee oor ekonomiese beleid, en Tito Mboweni, minister van finansies, het laataand vinnig teruggekrabbel en verseker die Reserwebank se mandaat is nie onder beleg nie.

Die skade het die rand egter Dinsdag by R14,77 teenoor die dollar laat draai en die geldeenheid was Woensdagoggend selfs swakker op R14,79.

Die swakker rand weens plaaslike woelinge het gekom nadat ander ontluikende geldeenhede eintlik teenoor die dollar versterk het. Dit was danksy ’n opmerking deur Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad (Fed) van die VSA, dat hy “soos toepaslik” op handelspanning sal reageer. Volgens Mpho Tsebe van RMB is sy opmerkings geïnterpreteer as ’n aanduiding dat die Fed die rentekoers sal verlaag om die negatiewe uitwerking van wedersydse invoertariewe teen te werk.

Volgens Tsebe sal alle oë nou op pres. Cyril Rampahosa se staatsrede op 20 Junie wees vir aankondigings oor ’n “ekonomiese resussitasie-plan”.

Bianca Botes van Peregrine Treasury Solutions verwag dat die druk op die rand sal voortduur, “omdat plaaslike en fundamentele elemente tot ’n vyandige omgewing bydra.”

Die rand verhandel tans teen nagenoeg R18,71 teenoor die pond en R16,57 teenoor die euro.

Hulpbronne

  • Goud: $1 335,09 per fynons
  • Platinum: $826,95 per ons
  • Olie: $62,63 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $7 774,49/R122 139
  • Ethereum: $242,97/R3 821
Meer oor:  Ekonomie  |  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Fed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.