Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand wéér in sak en as naby R15
’n Dollar sou jou vroeg Donderdagoggend R14,91 kos. Foto: Elvira Wood

Pres. Donald Trump se kommentaar Woensdag dat hy “voel” dat daar ’n goeie kans is dat die VSA en China wél ’n handelsooreenkoms gaan sluit, het die rand in sak en as gelaat.

Dit het op R14,86 teenoor die dollar gesluit.

Vroeg Donderdagoggend het die rand steeds agteruitgeboer en verhandel teen R14,91.

Die rand het dus binne 24 uur met 26c teenoor sy Amerikaanse eweknie teruggesak.

Trump het China egter in dieselfde asem gedreig dat as ’n ooreenkoms nie onderteken word nie, sal hy wel invoertariewe op Chinese produkte wéér verhoog.

Reuters berig verder dat hoewel ontleders in ’n stadium voorspel het dat daar ’n kans is dat die Federale Reserweraad (Fed) in Junie rentekoerse in die VSA kan verlaag, dink hulle nou eerder dat dit onveranderd gelaat gaan word.

Dit kom nadat die inflasiekoers in dié land wel in Mei met 0,1% gestyg het.

’n Hoër rentekoers maak beleggings in dié land meer aantreklik en ondersteun die dollar.

Die rand het ook teenoor die Britse pond en euro teruggesak.

Dit het vroeg Donderdagoggend teen R18,92 teenoor die pond en R16,85 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 335,30 per fynons
  • Platinum: $812 per ons
  • Olie: $60,34 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $8 130,40/R126 094
  • Ethereum: $259,61/R4 035
Meer oor:  Donald Trump  |  China  |  Vsa  |  Handelsoorlog  |  Dollar  |  Rand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.