Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Registreer nóú jou onderneming, nooi president

Pres. Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners genooi om binne ’n dag – indien nie “binne ure” nie – ’n onderneming op die staat se nuwe aanlyn stelsel te gaan registreer.

Pres. Cyril RamaphosaFoto: Getty Images

Ramaphosa het Woensdag beleggers toegespreek op die tweede beleggingskonferensie wat in Sandton, Johannesburg, gehou is.

“Ons is baie trots op die nuwe biz portal wat Maandag bekend gestel is.

“Suid-Afrikaners kan nou binne ’n dag nie net ’n nuwe maatskappy registreer nie, maar ook registreer vir belasting, Werkloosheidsversekering en aansoek doen vir bankrekeninge by een van die land se vier grootste banke,” sê hy.

“Ek sê sommer nou, ek wil hê maatskappye moet binne ure geregistreer kan word.”

Die stelsel word deur die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) bedryf.

Luidens die tuisblad van dié stelsel kan ’n maatskappy selfs ’n domeinnaam registreer as deel van die proses.

Daar kan ook aansoek gedoen word vir sertifikate vir breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BBEE).

Standard Bank, Nedbank, Absa en FNB is die banke wat aan die stelsel gekoppel is.

Ramaphosa sê hy glo dié stelsel sal dit baie makliker maak om sake in die land te bedryf.

“Ons hoop om binne die volgende drie jaar binne die top-50 te wees op die Wêreldbank se ranglys oor waar dit die maklikste is om sake te doen.”

Ramaphosa het in Januarie, kort voor sy vertrek om die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se jaarlikse beraad in Davos, Switserland, by te woon, gekla dat Suid-Afrika “ligjare agter die res van Afrika is” wat betref sake doen. Tóé was Suid-Afrika nog nommer 82 uit 190 lande op dié ranglys.

Die Wêreldbank het in Oktober sy nuutste lys bekendgemaak.Suid-Afrika het sedertdien nog twee plekke teruggesak en is nou nommer 84 uit 190.

Die biz portal kan op bizportal.gov.za besoek word.

Meer oor:  Cipc  |  Cyril Rama­Phosa  |  Ekonomie  |  Ondernemings  |  Beleggingskonferensie  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.