Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Reis vir sportwedstryde daal skerp
Redes waarom Suid-Afrikaners binnelands reis.

In 2016 het Suid-Afrikaners nog gereis om sportwedstryde by te woon, maar verlede jaar het hulle vir daguitstappies eerder gaan uiteet of inkopies doen.

Suid-Afrikaners se grootste reisuitgawe was nie meer soos vroeër verblyf, etes of inkopies nie, maar vervoer. Foto: Unsplash

Dít blyk uit Statistieke Suid-Afrika (SSA) se oorsig oor Suid-Afrikaners se binnelandse reisgewoontes in 2017 wat Donderdag uitgereik is.

Suid-Afrikaners se grootste reisuitgawe was nie meer soos vroeër verblyf, etes of inkopies nie, maar vervoer.

In 2017 het Suid-Afrikaners R1,6 miljard aan etes en R2,1 miljard aan inkopies bestee wanneer hulle op daguitstappies was, terwyl hulle R2,7 miljard aan vervoer moes opdok om by hul bestemmings te kom.

Vir oornagbesoeke het hulle R12,5 miljard aan vervoerkoste en R11,9 miljard aan inkopies bestee, asook R5,1 miljard aan verblyf. Altesaam 73% oornag by familie of vriende om kostes te bespaar.

In die geheel het Suid-Afrikaners net meer as R63 miljard aan oornagreise bestee.

Die 47,5 miljoen dagreise wat Suid-Afrikaners in 2017 onderneem het, is 21% meer as in 2016, terwyl die 44,4 miljoen reise oornagreise 4% hoër as in 2016 was.

Hoewel meer reise in 2017 onderneem is, is minder hieraan as in 2016 bestee.

Besteding aan oornagreise én daguitstappies was net meer as R86 miljard in 2017, minder as die bykans R87 miljard in 2016.

Daar was ’n styging in binnelandse reise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.