Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rentekoers: Ekonome 100% seker van dié besluit

Nie ’n enkele ekonoom glo dat die Reserwebank Donderdag die rentekoers gaan verhoog nie.

Eweneens is daar ook nie ’n enkele ekonoom wat glo dat die koers verlaag gaan word nie.

Ál 13 ekonome wat aan ’n Netwerk24-peiling deelgeneem het, meen Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, en die res van die monetêrebeleidskomitee (MBK) sal die repokoers onveranderd op 3,5% laat. Dit sal beteken dat banke se prima rentekoers 7% sal bly, soos dit nou al sedert Julie verlede jaar is.

Daar is wel ’n minderheid van 31% ekonome wat verwag dat die rentekoers wel vanjaar verhoog gaan word, dus in September of November. Daar is geen verwagting dat die rentekoers later vanjaar verlaag sal word nie; die meerderheid van 69% ekonome verwag dat die koers dus in 2021 onveranderd sal bly.

k

Die onafhanklike ekonoom Elize Kruger sê omdat inflasie steeds matig is en daar weer weens die onlangse onluste groter kommer oor ekonomiese groei is, sal die Reserwebank eerder nog ’n keer besluit om die rentekoerse onveranderd te los.

Johannes Khosa van Nedbank verwag dat ’n siklus van rentekoersverhogings vroeg in 2022 sal begin.

“Die brose ekonomiese toestand wat deur die betogings en die verslegtende derde vlaag van Covid-19-infeksies veroorsaak is, sal die Reserwebank waarskynlik oorreed om die verhoging van die rentekoers uit te stel, hoewel druk op die voorraad kos en brandstof in belangrike dele van die land weens die onlangse onluste die risiko verhoog dat inflasie gaan styg.”

Die Reserwebank gaan waarskynlik Donderdag die rentekoers onveranderd hou, reken ekonome. Grafika: iStock

Prof. Danie Meyer van die Universiteit van Johannesburg stem saam dat die ekonomie onder enorme druk gaan kom weens die derde vlaag en die onluste, wat na sy mening niks anders is as terreur nie, gegewe die aanval op private en openbare infrastruktuur. “Daarby is Eskom ook op die punt om met beurtkrag te begin.”

Meyer reken nie dat inflasie veel verder in 2021 gaan styg nie, maar ander ekonome, soos Lumkile Mondi van die Universiteit van die Witwatersrand en Jeff Schultz van BNP Paribas, meen juis wesentlike risiko’s vir die inflasievooruitsig bestaan.

Schultz sê die MBK sal waarskynlik sy wens uitspreek om met ’n geleidelike siklus van normalisering van rentekoerse te begin. Normalisering verwys in dié konteks na ’n styging, en Schultz verwag inderdaad dat die rentekoers in sowel September as November dalk met 0,25 van ’n persentasiepunt verhoog gaan word.

Die onafhanklike ekonoom Fanie Brink wys daarop dat die effek van die rentekoers op ekonomiese groei “weglaatbaar klein” is.

Meer oor:  Rentekoers  |  Ekonomie  |  Inflasie  |  Inflasiekoers  |  Monetêre Beleid  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.