Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rentekoers: G’n vroeë bonus vir mense met skuld

Die meeste ekonome was reg: Ondanks trae ekonomiese groei beskou die Reserwebank die vooruitsig vir inflasie as veels te onseker om die rentekoers nou te verlaag.

Governor of the SA Reserve bank Lesetja Kganyago.
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank.

Mense met skuld het dus Donderdag glad nie ’n vroeë jaareindbonus ontvang nie toe die rentekoers onveranderd gelaat is op die laaste besluit daaroor vir 2019.

Nagenoeg 71% van die ekonome wat aan Netwerk24 se peiling deelgeneem het, het geen verandering verwag nie.

Die algemene gevoel was dat die Reserwebank oorversigtig sou wees in die lig van die risiko van ’n afgradering van staatskuld tot rommelstatus deur Moody’s Investors Service nadat Moody’s begin November sy vooruitsig in negatief verander het.

So ’n stap kan die rand teen die toue druk en inflasie opdruk.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het in Pretoria klem gelê op die trae ekonomiese groei, maar soos gebruiklik beklemtoon dat monetêre beleid op sy eie nie groei kan aanwakker te midde van “strukturele probleme” wat groei en werkskepping aan bande lê nie. Hy het hervorming as dringend beskryf.

Die Reserwebank verwag nou groei van slegs 0,5% vir 2019, teenoor die 0,6% wat in September voorspel is. Vir 2020 en 2021 is die voorspelling verlaag na 1,4% en 1,7% (voorheen 1,5% en 1,8%).

Wat inflasie betref, het die Reserwebank sy verwagting sedert September onveranderd gehou op 4,2% vir 2019, 5,1% vir 2020 en 4,7% vir 2021.

Kganyago beskou die risiko vir inflasie as buitengewoon hoog. Daar is veral kommer oor kospryse, loonverhogings, krag- en watertariewe en brandstofpryse. Daarby is kapitaaluitvloei ’n risiko wat die rand kan laat verswak.

Die besluit om die rentekoers onveranderd te hou, was nie eenparig nie. Twee uit die vyf lede van die monetêrebeleidskomitee het ten gunste van ’n verlaging gestem.

Meer oor:  Lesetja Kganyago  |  Inflasiekoers  |  Reserwebank  |  Rentekoers  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Inflasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.