Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rentekoers nou laagste in bykans 5 dekades
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank. Foto: Argief

Die rentekoers is nou op die laagste vlak in bykans vyf dekades.

Dit volg nadat die Reserwebank Donderdag die rentekoers vir ’n vyfde keer vanjaar verlaag het.

Dié keer was die verlaging ’n kwart persentasiepunt.

Drie lede van die monetêrebeleidskomitee (MBK) was ten gunste van ’n verlaging van 25 basispunt terwyl twee die koers onveranderd wou laat.

Dit bring die totale verlaging in die rentekoers vir 2020 op 3 persentasiepunte te staan. Die repokoers is voortaan 3,5% en die prima rentekoers van banke 7%.

Die laagste wat die rentekoers nog was, is 3,15% in September 1973.

Die verlaging was te wagte. 84% van die ekonome wat aan Netwerk24 se peiling deelgeneem het voordat die aankondiging gedoen is, het ’n verlaging van ’n kwart persentasiepunt voorspel.

Rentekoers

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het in sy aanlyn nuuskonferensie gesê dat hoewel daar gevind is dat daar "spasie is" om die rentekoers 'n verdere 25 basispunte gedurende die vierde kwartaal van die jaar te verlaag, was die besluit geneem om hierdie verlaging nou te laat realiseer.

Hy sê die MPC sal egter gebeure dophou om te sien wat hy in die toekoms gaan doen. Die verwagting is nie om in die eerste kwartaal van 2021 rentekoerse aan te pas nie.

Die Reserwebank se verwagting vir ekonomiese groei is nou -7,3 teenoor die -7% in Mei, die -6,1% wat in April voorspel is en net -0,2% wat middel Maart voorspel is. Weens die skerper inkrimping in 2020 word sterker groei in die volgende twee jaar voorspel. Vir 2021 word groei van 3,8% nou voorspel (April: 2,2%) en vir 2020 word 2,9% voorspel (April: 2,7%).

Die sentrale bank het sy verwagting vir inflasie op 3,4% gehandhaaf.

Dit beteken egter hoër inflasie word daarna voorspel. Vir 2021 is die verwagting tot 4,3 verlaag (Mei: 4,4%). Dit is ook die koers wat die Reserwebank in 2022 verwag.

Rente

* Dié artikel is aangepas sedert publikasie om addisionele inligting weer te gee.


Meer oor:  Reserwebank  |  Lesetja Kganyago  |  Rentekoers  |  Ekonomiese Groei  |  Inflasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.