Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Resbank: BBP kan in 2de kwartaal met 32,6% krimp

Suid-Afrika se ekonomie het waarskynlik met meer as 30% gekrimp gedurende die tweede kwartaal toe die staat van inperking byna alle ekonomiese aktiwiteit tot stilstand geruk het, luidens vooruitskattings van die Reserwebank.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank in Pretoria. Foto: SARB

Die inkrimping van bruto binnelandse produk (BBP) word verwag om so groot as 32,6% te wees vir die drie maande van April tot Junie teenoor die eerste kwartaal, het die Reserwebank aan Bloomberg gesê.

Dit sal die grootste kwartaallikse inkrimping wees sedert ten minste 1990.

Die Reserwebank se vooruitskatting in sy jaarlikse verslag wat op 29 Junie gepubliseer is, wys dat die ekonomie weer sal groei in die derde kwartaal, wat ’n einde sal bring aan die tegniese resessie wat al sedert einde 2019 voortsleep.

Die ekonomie het in die eerste kwartaal met 2% gekrimp, die eerste keer sedert 2009 dat ’n Suid-Afrikaanse resessie meer as twee kwartale geduur het.

Die inkrimping was egter kleiner as voorspel, en ekonome, insluitend Kevin Lings van Stanlib-batebestuur, het gewaarsku dat die inkrimping gedurende die tweede kwartaal ernstig sal wees.

Suid-Afrika het vanaf 27 Maart ’n streng staat van inperking ingestel om die verspreiding van die Covid-19-pandemie te beperk.

Byna alle ekonomiese aktiwiteite behalwe noodsaaklike dienste is vir vyf weke lank gestaak en die meeste burgers kon slegs hul huise verlaat om kos te koop, mediese sorg te bekom en welsynstoelaes in te samel.

Die beperkings is vanaf 1 Mei verlig, wat die heropening van sommige ondernemings en nywerhede moontlik gemaak het.

Baie maatskappye is egter steeds gesluit en sommige van die ondernemings wat geopen het, is nog steeds beperk tot watter dienste hulle kan aanbied.

Die Reserwebank verwag dat die ekonomie in 2020 met 7% sal inkrimp terwyl die tesourie ’n daling van 7,2% verwag.

Dit sou die grootste jaarlikse inkrimping wees sedert die Groot Depressie toe BBP in 1931 met 6,2% gedaal het.

Die ekonomiese vooruitsigte op kort termyn is baie afhanklik van die ontwikkeling van die koronaviruspandemie en die omvang van die beperkings op die sakeaktiwiteite om die verspreiding te beperk, het die sentrale bank in sy jaarverslag gesê.

– Bloomberg

Meer oor:  Reserwebank  |  Ekonomiese Groei  |  Bbp  |  Resessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.