Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Reserwebank-debakel sleg vir ekonomie

Die debakel vroeër in Junie oor presies wat die mandaat van die Reserwebank moet wees, het heelwat beleidsonsekerheid veroorsaak.

Prof. Raymond ParsonsFoto: Elvira Wood

“Dit was duidelik dat die gekombineerde kwessies van die uitbreiding van die mandaat van die Reserwebank, die voorgestelde ‘nasionalisering’ van die bank, asook die voorstel dat ‘kwantitatiewe verruiming’ in Suid-Afrika toegepas word, duidelik onsekerheid in die markte en ekonomie aangevuur het,” sê prof. Raymond Parsons, ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool.

Hy sê hoewel pres. Cyril Ramaphosa op 20 Junie in sy staatsrede wel die grondwetlike mandaat van die Reserwebank herhaal het, kon dit nie die skade ongedaan maak wat deur die herrie veroorsaak is nie.

Parsons verwys na Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, se uitlating vroeg in Junie dat die ANC se nasionale uitvoerende komitee besluit het die resolusies van die ANC se nasionale konferensie van Desember 2017 moet “volledig” in werking gestel word.

Een hiervan was om die mandaat van die Reserwebank uit te brei sodat dit ook groei en werkskepping as doelwit stel, en nie bloot prysstabiliteit nie.

Parsons is die medesamesteller van die sakeskool se beleidsonsekerheidsindeks (PUI). Dié indeks word kwartaalliks gepubliseer. Die jongste indeks is Dinsdag bekend gestel.

Die PUI het vir die tweede kwartaal in 2019 tot 52,9 gedaal. Dit is teenoor die 53,4 in die eerste kwartaal van 2019.

Enige punt bo 50 weerspieël groter onsekerheid.

Eskom

Parsons sê hoewel daar wel ’n effense daling was, is dit duidelik dat daar steeds heelwat onsekerheid is oor beleid in die land.

Buiten vir die kwessie oor die Reserwebank, sê hy hul navorsing wys dat vrae oor die herstrukturering van staatsondernemings – en spesifiek die herstrukturering van Eskom – ook ’n groot rede is vir die onsekerheid.

“Selfs ná die staatsrede blyk dit dat daar nog heelwat onsekerhede is oor of Eskom ontknoop gaan word om die situasie by die kragreus te stabiliseer,” sê hy.

Parsons sê daar is ook steeds geen duidelikheid oor grondhervorming nie.

Hy waarsku konstante interne politieke faksies kan in die toekoms steeds onsekerheid oor beleid veroorsaak en groei-vriendelike hervormings ondermyn of vertraag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.