Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Reserwebank reg vir beleid van Fed, sê Kganyago

Suid-Afrika is in ’n sterk posisie vir wanneer oorsese sentrale banke begin om rentekoerse te verhoog en stimulus te verminder, sê Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank.

Wanneer ontwikkelde lande begin om hul rentekoerse te normaliseer, sal Suid-Afrika “dit op ’n baie soliede voet” binnegaan.

“Die ekonomie is minder kwesbaar as verlede jaar. Suid-Afrika het ’n surplus op die lopende rekening en die staat se begrotingsbalans het vinniger herstel as wat ons verwag het,” het Kganyago op ’n beleggingskonferensie gesê.

“Dit sal die tesourie help om skuld te stabiliseer.”

Suid-Afrika het sy eerste surplus op die lopende rekening in byna twee dekades in 2020 aangemeld aangesien die vraag na ingevoerde goedere onder druk gekom het weens die inkrimping in die ekonomie en die waarde van gouduitvoer wat gestyg het vanweë hoër pryse.

Volgens Kganyago verwag die Reserwebank dat die surplus op die lopende rekening vanjaar gemiddeld op 1,3% van die bruto binnelandse produk (BBP) sal bly.

Die verwagte begrotingsbalans vir die afgelope boekjaar is kleiner as wat die regering voorheen voorspel het nadat minder bestee is en inkomste verras het.

’n Tekort van 11,2% van die BBP is vir die boekjaar tot einde Maart aangemeld vergeleke met 12,3% wat voorheen geraam is.

Die verbetering in die lopende rekening en die begrotingsbalans plaas die land in ’n beter posisie om die herprysing van finansiële bates wêreldwyd en die verandering in wisselkoerse wat die normalisering gaan meebring te hanteer, sê hy.

As die wisselkoers binnelandse inflasie verhoog, sal die Reserwebank reg wees met maatstawwe, volgens hom. – Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.