Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Reserwebank: ‘Regering moet hom skaam’

Die regering behoort sy kommunikasiekanale meer professioneel en vaartbelyn te maak, want die afgelope week se verwarrende boodskappe oor die Reserwebank veroorsaak net onstabiliteit in die markte.

Alan Mukoki, nuwe hoof van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en -Nywerheid (SAKKN). Foto: Cornél van Heerden

Só waarsku die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel Vrydag in ’n verklaring.

Die week se gebeure dui op ’n regering met ’n oorlog wat binne homself woed, sê die kamer. Die ongekoördineerde manier waarop die ANC, die Reserwebank en die ministerie van finansies almal oor die onderwerp debatteer en verskillende interpretasies en sienings van dieselfde beleid uitspreek, het baie onsekerheid geskep wat vermy kon gewees het.

Alan Mukoki, uitvoerende hoof van die kamer, sê sonder om vryheid van spraak te ontmoedig, wil die kamer alle belanghebbers in die regerende party en in die fiskale en monetêre owerhede versoek om nie weersprekende standpunte oor beleidskwessies in die openbaar te stel nie, want dit lei tot verwarring en beleidsonsekerheid, en benadeel beleggersvertroue.

Sulke standpunte en die media-onderhoude daaroor beland op internasionale mediaplatforms, sê Mukoki.

Wat ons ervaar het, was betreurenswaardig en het onnodige konsternasie en onsekerheid veroorsaak.
Alan Mukoki van die SAKKN

Die belanghebbers behoort eers gemeenskaplike terreine te vind voordat hulle uitsprake maak wat Suid-Afrika in die buitewêreld verteenwoordig.

Mukoki sê heelwat van die debat oor die Reserwebank is reeds in die ANC se verkiesingsmanifes van Januarie vervat.

“Die sakesektor sien uit na duidelike beleidsbesluite oor dié saak, maar wat ons ervaar het, was betreurenswaardig en het onnodige konsternasie en onsekerheid veroorsaak.”

Suid-Afrika moet fokus, en sy bekwaamheid en uitnemendheid opskerp deur ’n meer professionele en gekoördineerde kommunikasiebenadering te volg, sê Mukoki.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Lesetja Kganyago  |  Ace Maga­Shule  |  Reserwebank  |  Sakkn  |  Monetêre Beleid  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.