Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Reserwebank skimp dat hoër rentekoers kom
Daniel Mminele, adjunkpresident van die Reserwebank. Foto: Who's Who

Die Reserwebank het pas ’n aanduiding gegee dat hy dalk van plan is om die rentekoers te verhoog wanneer dié besluit op 28 Januarie geneem word.

Daniel Mminele, adjunkpresident van die Reserwebank, het in ’n toespraak in Londen by die Europese Ekonomiese en Finansiële Sentrum gesê die bank sal “bereid moet wees om beslis op te tree” om inflasie in toom te hou. ’n Afskrif van die toespraak is op die bank se webwerf gepubliseer.

Mminele beklemtoon dat daar ’n “toename in risiko” vir inflasie was sedert die bank se monetêrebeleidskomitee in November vergader het. Hy verwys veral na die skerp verswakking van die rand.

“Die komitee sal baie versigtig moet beoordeel of die huidige monetêre beleidstandpunt toepaslik bly.”

Mminele het opnuut beklemtoon daar is niks wat die Reserwebank kan doen om ekonomiese groei te stimuleer nie, al is dit bank baie bekommerd daaroor. Strukturele beleid is nodig om produksievermoë te verhoog, wat op sy beurt ’n duik in werkloosheid kan maak, sê Mminele.

Die toespraak dui daarop dat rentekoerse verhoog kan word, al is die bank baie bewus daarvan dat land op die rand van ’n resessie huiwer.

Ontleders voorspel dat die rentekoers met tot 0,5 persentasiepunt verhoog sal word weens die dramatiese verswakking van die rand die afgelope tyd.

“Die openingsweke van 2016 dui daarop dat die bedryf van monetêre beleid in Suid-Afrika nog ingewikkelder gaan word,” sê Mminele.

Meer oor:  Daniel Mminele  |  Reserwebank  |  Rentekoers  |  Inflasie  |  Rentekoerse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.