Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Reserwebank: Só lank het vorige presidente gedien
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank. Foto: Argief

Lesetja Kganyago is pas vir nog vyf jaar as hoof van die Reserwebank deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel.

Te oordeel na die vorige presidente van die Reserwebank se termyne, is dit nie ongewoon nie.

Sy nuwe vyf-jaar-termyn begin in November. Hy is aanvanklik in November 2014 deur pres. Jacob Zuma vir vyf jaar aangestel.

Kganyago was sedert Mei 2011 ’n adjunkhoof van die Reserwebank, nadat hy sedert 1996 direkteur-generaal van nasionale tesourie was.

Kganyago se voorgangers

  • Kganyago het in 2014 by Gill Marcus oorgeneem toe haar termyn verstryk het. Sy is in November 2009 aangestel en het dus net vir vyf jaar gedien.
  • Tito Mboweni was van Augustus 1999 tot 8 November 2009 hoof van die Reserwebank, dus ook vir twee termyne.
  • Dr. Chris Stals het van Augustus 1989 tot Augustus 1999 gedien, dus vir twee termyne.
  • Dr. Gerhard de Kock was president van die Reserwebank van Januarie 1981 tot Augustus 1989. Hy is die enigste persoon tot dusver wat in dié tuig dood is.
  • Dr. Theunis Willem de Jongh was van 1967 tot einde Desember 1980 13 jaar lank in die pos.
  • Dr. Gerard Rissik was van Julie 1962 tot 30 Junie 1967 vir net vyf jaar in die pos.
  • Dr. Michiel de Kock (Gerhard de Kock se pa) het van Julie 1945 tot 30 Junie 1962 in die pos gedien.
  • Dr. Johannes Postmus was van 1 Januarie 1932 tot 30 Junie 1945 in die pos.
  • William Henry Clegg was die eerste president van die Reserwebank en het van Desember 1920 tot Desember 1931 in die pos gedien.

Bron: Reserwebank

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Lesetja Kganyago  |  Aanstellings  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.