Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Resessie: Klein tekens van hoop
Daniel Mminele, adjunkpresident van die Reserwebank, sê die Suid-Afrikaanse ekonomie sal vir die res van die jaar kwartaalliks teen tussen 0,8% en 1,0% moet groei om ’n resessie te vermy. Foto: Theana Breugem

“Redelik positiewe” ekonomiese data oor die tweede kwartaal wat reeds ontvang is, laat dit lyk asof Suid-Afrika net-net ’n tegniese resessie sal kan afweer.

Daniel Mminele, adjunkpresident van die Reserwebank, sê hy steun Pravin Gordhan, minister van finansies, se mening dat Suid-Afrika nie vanjaar ’n resessie sal beleef nie.

Mminele sê die redelik positiewe ekonomiese data wat reeds vir die tweede kwartaal van 2016 ontvang is, asook ’n verbetering in sake- en verbruikersvertroue gee die bank vertroue dat ’n ineenkrimping in die tweede kwartaal onwaarskynlik is. ’n Ineenkrimping in die tweede kwartaal sal ’n tegniese resessie beteken ná die ineenkrimping van 1,2% in die eerste kwartaal.

Mminele sê ’n kwartaallikse groeikoers van tussen 0,8% en 1% per kwartaal is egter vir die res van 2016 om ’n algemene resessie (negatiewe jaargroei) te vermy. Dit sal die groeikoers vir die volle jaar bring by 0%, soos die Reserwebank op 21 Julie voorspel het.

Mminele het Woensdag gepraat op ’n sakeontbyt in Polokwane wat deur die Ehtical Foundation for Leadership Excellence aangebied is.

Elna Moolman, ekonoom by Macquarie, stem saam met Mminele: “Die eerste kwartaal was sterk onder druk deur spesifieke faktore wat reeds aan die verbeter is, so die verwagte herstel is deels amper tegnies en outomaties, en verg werklik nie veel nie.”

Haar vooruitskatting vir ekonomiese groei vir die res van die jaar is “’n bietjie hoër as die Reserwebank se nul”.

Die reële ekonomiese aktiwiteit in Suid-Afrika het vir die eerste keer sedert 2009 op ’n jaargrondslag teen 1,2% ineengekrimp in die eerste kwartaal van 2016.

Die twee grootste redes wat Mminele hiervoor gee, is die impak van die droogte op die landbousektor en die uitdagende handelsomgewing waarin die mynbousektor hom bevind.

Dié twee faktore het volgens Mminele ’n 15,5%-ineenkrimping in die primêre sektor in die eerste kwartaal van 2016 veroorsaak.

Ons kan egter ook nie net teen 1,5% of 2% groei nie, maar sal heelwat stewiger moet groei om beleggers te lok.
Pravin Gordhan, minister van finansies

Gordhan het Dinsdag in Sandton gesê “op die medium termyn weet ons die ekonomie gaan groei. Nou kyk ons na wat ons kan doen om nie teen 0% te groei nie en om ’n afgradering in ons beleggingstatus in Desember te vermy. Ons kan egter ook nie net teen 1,5% of 2% groei nie, maar sal heelwat stewiger moet groei om beleggers te lok.”

Hy sê die wêreldekonomie is baie uitdagend, maar dié groei is nie onmoontlik nie.

Mminele het verder gesê die Reserwebank voorsien ’n groeikoers van 1,1% en 1,5% vir die volgende twee jaar, af van die 1,3% en 1,7% wat hy voorheen voorspel het.

Hy sê verder dit moet nog gesien word of van die gunstige faktore wat die bank laat besluit het om die rentekoers onveranderd te laat, volgehou sal word.

Meer oor:  Reserwebank  |  Daniel Mminele  |  Pravin Gordhan  |  Bbp  |  Groei  |  Resessie  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.