Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Restaurante: Als gaan oukei wees, so kom eet, asseblief!

Die ekstra uur wat restaurante nou snags in bedryf mag wees, word verwelkom, maar die eintlike boodskap van pres. Cyril Ramaphosa waaroor restaurante juig, is dat “als oukei gaan wees”.

restaurante
Restaurante juig oor die aankondiging dat die tweede vlaag van die pandemie geklop is. Foto: Unsplash

“Ramaphosa se boodskap aan die land dat alles oukei gaan wees, is die belangrikste aankondiging wat Sondagaand gemaak is,” sê Grace Harding, woordvoerder van die Restaurant Collective, wat derduisende restaurante verteenwoordig.

Sy verduidelik dat verbruikersvertroue ’n hupstoot van onskatbare waarde gekry het met daardie woorde.

“Nou dink ek werklik restaurante gaan oukei wees.”

Harding verduidelik dat die ekstra uur wat restaurante nou mag sake doen nie naastenby soveel van ’n hupstoot vir hul inkomste sal wees soos die vertroue wat verbruikers nou sal hê om terug te keer restaurante toe nie aangesien die tweede vlaag van die pandemie nou amptelik geklop is.

“Ons benodig mense wat vertrou hulle sal veilig wees as hulle na ’n restaurant toe uitgaan.”

Dit is ’n sentiment wat deur ekonome gedeel word.

restaurantbedryf
Grace Harding van die Restaurant Collective.

Verbruikersvertroue is een van die faktore wat die hardste deur die staat van inperking geknou is, met talle verbruikers wat net te bang was om normaal te bestee en te leef. Nou, glo restaurante, sal sake weer naastenby soos normaal kan hervat.

“Ons is nog ver van heeltemal normaal af,” bieg Harding.

“Ons is nog baie, baie, baie maande daarvandaan om ons maskers te verbrand, maar intussen help aankondigings soos hierdie een om ondernemings aan die lewe te hou.”

Sy raai restaurante aan om nie nou op hul louere te rus nie.

“Die inperking het ons baie geleer. Sakemodelle moes aangepas word om te kon oorleef. Nou is nie die tyd om die lesse te vergeet nie.”

Dinge lyk dalk asof dit nou normaal is, maar restaurante kan nog nie volle huur bekostig nie.
Grace Harding van die Restaurant Collective

Kostebesparings en verfynde aanbiedings van dienste moet heers as restaurante kop bo water sal wil hou, veral met die dreigende derde vlaag van die pandemie wat na bewering weer in die winter of herfs sal tref.

Harding hoop nou net dat gebou-eienaars sal voortgaan met hul huurverligting, want restaurante kan nog nie bekostig om weer volprys vir huur te betaal nie.

“Dinge lyk dalk asof dit nou normaal is, maar restaurante kan nog nie volle huur bekostig nie.”

Eienaars sal daaroor moet dink of volgehoue besetting van hul eiendom meer werd is as die volle huur van ’n bedryf wat die afgelope jaar hard geslaan is.

Meer oor:  Restaurant Collective  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.