Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rommelstatus: Dié mark is dit te wagte

Die konsensus onder ekonome is dat Suid-Afrika sy beleggingsgraadstatus vir eers sal behou. Verhandelaars in afgeleide instrumente is nie so seker nie.

moodys
Moody’s hersien op 29 Maart sy gradering van Suid-Afrika. Foto: Getty Images

Die koste om Suid-Afrika se staatskuld teen wanbetaling te verseker, is hoër as in Brasilië, wat onder beleggingsgraad is by Moody’s Investors Service, Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) én Fitch Ratings.

Suid-Afrika se versekering teen wanbetaling (credit default swaps, CDS’e) het Maandag teen 184 basispunte verhandel, teenoor 162 vir Brasilië.

Moody’s, wat Suid-Afrika se staatskuld nog op die laagste beleggingsvlak gradeer, hersien op 29 Maart sy gradering.

Die CDS-spreiding was 164 basispunte toe die maatskappy in November 2018 hersien is. Toe is die kredietgradering onveranderd gelaat.

S&P en Fitch het staatskuld in April 2017 afgegradeer nadat oudpres. Jacob Zuma vir Pravin Gordhan en Mcebisi Jonas as minister en adjunkminister van finansies vervang het.

“Die huidige CDS wys dat die mark ’n matige risiko van ’n afgradering inprys,” sê Shireen Darmalingam, ’n Standard Bank-ekonoom.

“Nietemin, ondanks die feit dat Suid-Afrika se fiskale vooruitsig nou versleg het en die ekonomiese vooruitsig selfs droewiger lyk, glo ons dat Moody’s waarskynlik die soewereine gradering onveranderd sal laat.”

Tito Mboweni, minister van finansies, se begrotingsrede verlede week het van die kommer besweer dat Suid-Afrika tot volslae rommelstatus afgegradeer gaan word. Hoewel Eskom oor die volgende drie jaar R69 miljard gaan kry, het Mboweni beleggers verseker die regering sal nie die nutsmaatskappy se skuld net oorneem, soos baie gevrees het, nie.

Die regering het nietemin sy bestedingsplafon verhoog en die fiskale begrotingstekort gaan styg om voorsiening te maak vir dié steun.

Die verswakking “dui op ’n wegkalwing van Suid-Afrika se fiskale krag en beklemtoon die regering se beperkte buigsaamheid,” het Moody’s Donderdag in ’n verklaring gesê.

Fitch Ratings het gewaarsku dat Suid-Afrika dalk verder afgegradeer gaan word.

Jan Friedrich, senior direkteur vir soewereine graderings by Fitch, sê in ’n verklaring as ’n omkeerplan nie in werking gestel word om die jaarlikse verliese by Eskom te stuit en die toekomstige styging van staatswaarborge te beperk nie, sal die afwaartse druk toeneem op die soewereine gradering.

“Die regering het beklemtoon die finansiële steun is op voorwaarde van herstrukturering, maar die broosheid van Eskom se opwekkingsvermoë, soos bewys deur onlangse kragonderbrekings, die sterk teenstand van vakbonde teen sleutelelemente van die herstruktureringsplan, en die land se afhanklikheid van Eskom vir kragopwekking beteken die regering sal Eskom waarskynlik ondersteun, selfs indien herstrukturering nie soos beplan voortgaan nie.”

S&P het nog nie op die begrotingsrede gereageer nie. – Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Fitch  |  Moody's  |  S&P  |  Kredietafgradering  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders  |  Begroting 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.