Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rommelstatus is waarskynlik
MADRID, SPAIN - JUNE 04: Desperate equity trader i
Tot $10 miljard kan regstreeks die land uitvloei indien Moody's Investors Service Suid-Afrika tot rommelstatus afgradeer. Foto: Getty Images

Die rand het in die eerste twee maande van die jaar met 11,7% teenoor die dollar verswak – en dit lyk nie of dit in Maart beter sal gaan nie. Dis die geldeenheid se swakste vertoning aan die begin van ’n jaar sedert die wêreldwye finansiële krisis van 2008.

Seisoenale data toon dit het in vier van die laaste vyf jaar in Maart teenoor die dollar verswak. Dié neiging sal na verwagting voortgesit word te midde van wêreldwye verkope van hoërisikobates wat uit die verspreiding van die Covid-19-virus spruit.

Moody’s se beleggersdiens het Suid-Afrika se fiskale risiko as “verhoog” beskryf, wat kommer wek dat ook dié agentskap die land tot rommelstatus gaan afgradeer. Moody’s sê die regering sal dit moeilik vind om die begrotingsbesnoeiings uit te voer.

Tito Mboweni, minister van finansies, sê die staatskuld sal toeneem ondanks die besnoeiings omdat swak ekonomiese groei belastinginvordering kortwiek. Hy het in ’n voorlegging aan die parlement se portefeuljekomitee oor finansies gesê gegewe sy besuinigingsmaatreëls meen hy nie die graderingsagentskap sal iets “ongewens” doen nie.

Moody’s neem moontlik op 27 Maart ’n besluit. Bloomberg

Meer oor:  Ekonomie  |  Rommelstatus  |  Kredietafgradering  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.