Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rommelstatus: Moody’s nou erg pessimisties

Die risiko dat Moody’s Investors Service Suid-Afrika in Maart gaan afgradeer, is baie hoog in die lig van sy uitsprake oor die Landbank.

Moody’s het die Landbank Dinsdag tot rommelstatus afgegradeer weens die vrees dat die regering dalk nie dié staatsonderneming sal red indien nodig nie. Moody’s het ook sy vooruitsig vir die Landbank se gradering na negatief verander.

Karin Richards, ’n onafhanklike makelaar, sê na haar mening beteken dit Moody’s gaan nie tot November vanjaar wag om Suid-Afrika af te gradeer soos baie ontleders meen nie. Hy gaan dalk reeds kort ná Tito Mboweni, minister van finansies, se begrotingsrede op 26 Februarie tot dié stap oorgaan.

Moody’s se afgradering van staatskuld tot rommelstatus sal die land by al drie groot graderingsagentskappe op rommelstatus plaas, wat beteken dit sal uitval uit wêreldindekse. Dit kan op sy beurt daartoe lei dat kapitaal landuit vloei. Ontleders verskil oor hoeveel geld landuit sal vloei, maar syfers van tussen $1,5 miljard en $12 miljard word genoem.

Moody’s besluit op 27 Maart oor sy gradering, tensy hy goeie rede vind om die land selfs vroeër af te gradeer.

“Die afgradering weerspieël Moody’s se evaluering dat die voortgesette fiskale probleme van die staat daarop dui dat die regering meer selektief gaan wees met watter ondersteuning hy aan staatsondernemings gee,” lui ’n verklaring van die kredietgraderingsagentskap.

“Die gradering van die land toon die wesenlike risiko dat die regering nie daarin kan slaag om die agteruitgang in sy finansies te stuit met ’n herlewing van ekonomiese groei en maatstawwe vir fiskale konsolidasie nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.